Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Hiér gaan massa-inentings in Kaapstad gedoen word

’n Sentrum waar massa-inentings van tot 4 000 per dag teen Covid-19 gedoen kan word, sal teen die einde van die maand in Kaapstad in bedryf wees.

Die massa-inentings sal egter afhang of genoeg dosisse beskikbaar sal wees. Daar sal 50 inentingstasies wees wat elk 100 inentings per dag kan doen.

Dit sal die eerste van minstens drie massa-inentingsentrums in Kaapstad wees.

Die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum. Foto: Verskaf

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, en Dan Plato, die burgemeester van Kaapstad, het dit Donderdagoggend in ’n gesamentlike verklaring aangekondig.

Die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) word weer gebruik, soos verlede jaar toe die reusesentrum in ’n veldhospitaal vir Covid-19-pasiënte omskep is.

Plato sê die metroraad het reeds in Maart aan die konsep begin werk en ’n plan aan die provinsiale regering voorgelê, wat Kiks voorgestel het.

Die befondsing is reeds verkry en formele kontrakte word binnekort met Kiks gesluit. Die projek sal dus binne die volgende drie tot vier weke in werking gestel word, sê Winde.

Die Wes-Kaapse regering sal vir die bestuur van die projek verantwoordelik wees, maar dit kan slegs tot sy volle reg kom indien genoeg entstowwe beskikbaar is, sê Plato.

“Ons hoop dat die Johnson & Johnson-entstof binnekort beskikbaar gestel gaan word en dat nog dosisse van die Pfizer-entstof gelewer sal word sodat ons binne die volgende drie weke kan begin.”

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, toe hy verlede jaar die veldhospitaal by Kiks besoek het. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Dan Plato  |  Alan Winde  |  Kaapstad  |  Covid-19  |  Kiks  |  Massa-Inentings  |  Koronavirus  |  Entstof  |  Inentings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.