Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Hoë van Absa sterf aan Covid-19

Peter Matlare, die Absa-groep se adjunk-uitvoerende hoof, is luidens ’n verklaring van sy familie Sondagmiddag aan Covid-19 dood, berig Bloomberg.

“Peter was ’n volmaakte professionele beroepspersoon wat ’n groot bydrae gelewer het tot sake-(bedrywighede) in Suid-Afrika en oor Afrika heen,” lui ’n verklaring van sy familie.

Peter Matlare Foto: Argief

Matlare was, volgens Absa se webblad, 61 jaar oud.

Hy was ook die uitvoerende hoof van Absa se streeksoperasies en ’n uitvoerende direkteur van die Absa-groep, luidens die webblad.

Volgens Bloomberg het Matlare se pligte onder meer die bestuur van sake in die res van Afrika behels, waarheen die bankgroep sy korporatiewe en beleggingseenhede uitgebrei het.

Voor sy loopbaan by Absa was Matlare eers die uitvoerende hoof van die SAUK en later van Tiger Brands, asook ’n senior groepsbestuurder van Vodacom.

Luidens Absa se webblad het Matlare in 2011 by die raad aangesluit as ’n onafhanlkike nie-uitvoerende direkteur.

Hy is in Augsustus 2016 aangestel as adjunk-uitvoerende hoof belas met streeksoperasies.

“Peter het sy loopbaan begin by die Urban Foundation en Citibank en sodoende internasionale ervaring opgedoen, veral in Europa,” lui sy portefeulje-beskrywing op die webblad.

Meer oor:  Peter Matlare  |  Koronavirus  |  Absa  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.