Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Hoërskool Kalahari inderhaas gesluit weens virusgevalle

Die Hoërskool Kalahari in Kuruman is Woensdagoggend inderhaas gesluit weens positiewe koronavirusgevalle en ouers is gevra om hul kinders te kom haal.

“HS Kalahari: Geagte ouers, a.g.v. + Covid-19-gevalle, sluit die skool onmiddellik. Kom haal asb. u kind. Skool hervat Maandag. Inligting oor toetse sal gestuur word,” lui die boodskap wat inderhaas aan ouers op WhatsApp gestuur is.

’n Ouer van die skool wat anoniem wil bly, sê chaos het Woensdagoggend by die skool uitgebreek toe kinders in die skool van die nuus te hore gekom het.

“Kinders huil, sommige gil. My kind is in die eerste rugbyspan en hulle oefen voluit. Die rugbyspan is eerste huis toe gestuur voor eerste pouse. Toe kom dit by die ander kinders uit en dit is chaos.”

Die vrou sê sy het haar seun by die skool gaan haal nog voordat die skool se WhatsApp-boodskap by haar uitgekom het.

Die Hoërskool Kalahari in Kuruman. Foto: Facebook

Freek van Rooyen, die skoolhoof, sê twee positiewe gevalle is by die skool geïdentifiseer en die besluit is geneem om die skool voorkomend te sluit om ’n uitbreking van sekondêre infeksies te keer.

Die skool sal Maandag hervat en die toetse wat leerlinge nou gedurende die toetsreeks sou skryf, sal na die nuwe week geskuif word wanneer die skool hervat.

“Die toetse wat dus Woensdag, Donderdag en Vrydag geskryf sou word, sal nou op Maandag, Dinsdag en Woensdag geskryf word.”

Die Noord-Kaapse departement van onderwys het ouers en leerlinge gevra om nie paniekerig te raak nie.

“Die skool sal volgens die nodige Covid-19-maatreëls ontsmet word en kontakopsporing sal gedoen word.”

Meer oor:  Hoërskool Kalahari  |  Freek Van Rooyen  |  Onderwys  |  Covid-19  |  Skool  |  Leerlinge  |  3De Vlaag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.