Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Hommeltuig gaan bloed na ver hospitale neem
’n Hommeltuig wat bloed na hospitale in landelike gebiede kan neem, is Woensdag deur die Suid-Afrikaanse Bloeddiens (SANBD) ten toon gestel.Foto: SANBD

’n Hommeltuig waarmee bloed na verafgeleë hospitale geneem kan word, is Woensdag deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) ten toon gestel.

Dié hommeltuig, wat Tron genoem word, is deur die SANBD en die Wes-Kaapse Bloeddiens in Sandton bekend gestel en kan ’n vrag wat tot 2 kg weeg teen 160 km/h vervoer.

Volgens die SANBD is Tron ’n eerste vir Suid-Afrika en sal dit bydra tot die bestaande infrastruktuur vir die vervoer van bloed vir die behandeling van pasiënte en in noodgevalle.

Dr. Jonathan Louw, uitvoerende hoof van die SANBD, sê dit is ’n vernuwende stap in die geskiedenis van bloedoortappings, en die bloeddiens is daartoe verbind om noodsaaklike bloedprodukte in landelike gebiede te lewer.

Die hommeltuig weeg 13,5 kg en kan sy vrag ook verkoel, terwyl dit tot 100 km kan aflê om vier eenhede bloed af te lewer.

Die SANBD verskaf jaarliks meer as ’n miljoen bloedprodukte aan pasiënte en mediese geriewe.

Dr. Jonathan Louw, uitvoerende hoof van die SANBD. Foto: SANBD
Die Suid-Afrikaanse Bloeddiens (SANBD) het Woensdag ’n hommeltuig bekend gestel wat bloed by verafgeleë hospitale kan aflewer.Foto: SANBD

Meer oor:  Bloed  |  Hommeltuig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.