Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Magdom registreer al vir fase 2 van inenting

Honderdduisende mense het reeds op die elektroniese entstof-datastelsel vir inentings in fase 2 geregistreer nadat dit Vrydag amptelik geopen is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. Foto: Argief

Uit ’n skermgreep van ’n lys van registrasies op nasionale en provinsiale vlak, wat Dinsdag deur ’n betroubare bron aan Netwerk24 verskaf is, blyk dit dat 375 558 mense reeds geregistreer het.

Diegene van ouer as 60 jaar word tans vir inentings in fase 2 geprioritiseer. Die tweede fase sal na verwagting op 18 Mei in talle inentingsentrums oor die land heen begin.

Registreer hier. 

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandag op ’n mediakonferensie gesê sowat 5,5 miljoen mense in Suid-Afrika is 60 jaar en ouer.

Met 128 507 registrasies is Gauteng tans die provinsie waar die meeste mense geregistreer het, gevolg deur die Wes-Kaap met 111 369. In Noordwes het slegs 8 700 mense en in die Noord-Kaap slegs 3 345 vir fase 2 geregistreer.

Mediese werkers word in die eerste fase, wat nog nie afgehandel is nie, ingeënt.

Netwerk24 het vroeër berig dat mense kan kies of hulle in ’n inentingsentrum naby hul huis ingeënt wil word, of hulle op weekdae of naweke verkies en of hulle in die middag of die oggend ingeënt wil word.

’n Mens is veronderstel om binne 24 uur ná registrasie ’n SMS-boodskap ter bevestiging van registrasie te ontvang. Nog ’n SMS sal later na dieselfde nommer gestuur word wat aandui waar, wanneer en hoe laat die afspraak is.

Mkhize het mense vroeër aangeraai om die entstof te neem wat hulle ontvang. Die enkeldosis-entstof van Johnson & Johnson (J&J) sal na verwagting hoofsaaklik in landelike gebiede en die dubbeldosis-entstof van Pfizer-BioNTech in stedelike gebiede toegedien word.


Meer oor:  Zweli Mkhize  |  Entstof  |  Datastelse  |  Inentings  |  Fase 2
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.