Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Hoop dat haarkappers binnekort hul skêre kan uithaal

Haarkappers is vol hoop dat hulle binnekort weer sal kan werk.

In ’n skrywe wat die regsverteenwoordigers van die Employers Organisation for Hairdressing, Cosmetology and Beauty (EOHCB) Maandag van die regering ontvang het, blyk dit of riglyne opgestel word sodat die bedryf weer met sy werksaamhede kan begin.

Die groep het ’n brief aan die regering asook al die relevante ministers gestuur, waarin geëis word dat die skoonheidsbedryf weer mag begin werk, hoewel hulle op vlak 3 van die staat van inperking nie die vergunning gekry het nie.

In die brief sê die regering onder meer die relevante departement is in die proses om die regulasies en riglyne op te stel sodat ook haar-, skoonheids-, grimeer-, nael- en tatoeëersalonne heropen kan word”.

’n Onderneming is aan die EOHCB gegee dat dié riglyne voor die einde van die week gefinaliseer sal word.

“As gevolg van die sensitiewe en vertroulike aard van die saak, kan die volle inhoud van die brief nie bekend gemaak word nie,” sê die EOHCB in ’n verklaring.

Dit is egter duidelik dat die aangeleentheid die regering se dringende aandag geniet en dat dié betrokke bedryf ook op vlak 3 van die inperking kan sake doen, sê die groep.

Meer oor:  Haarkappers  |  Vlak 3  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.