Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Hospitaal bevestig babasterftes

Tien babas is tussen 1 November en 31 Desember verlede jaar in die Tembisa-hospitaal aan Gautengse Oos-Rand dood nadat hulle antibiotikaweerstandige bakteriële infeksies opgedoen het.

Kwara Kekana, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, het die sterftes bevestig.

“Daar is 17 gevalle van antibiotikaweerstandige bakteriële infeksies aangemeld wat tot die dood van tien babas gelei het,” sê Kekana.

Kekana sê dit is baie moeilik om hierdie infeksies te behandel en dat dit tot dodelike infeksies in die bloedstroom, longe en urineweg kan lei wat in longontsteking en meningitis kan ontaard.

Kekana sê ’n vergadering is op 6 Januarie in die hospitaal gehou sodat uitdagings soos te veel mense in die kraamsaal, asook ’n tekort aan personeel, infrastruktuur en toerusting bespreek kan word. Die hospitaal het reeds stappe gedoen om verdere infeksies te voorkom, insluitend om meer susters aan te stel. ’n Plan is ook gereed wat dadelik in werking gestel kan word en tegniese steun kan bied sodat die kraamsale in Gauteng geoudit kan word.

Tembisa, South Africa -July 06 A general  overview
Tembisa-hospitaal Foto: Argief/Gallo images

Meer oor:  Hospitaal  |  Babasterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.