Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Huidige maatreëls nie voldoende vir Gauteng – premier
JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - APRIL 20: Gauteng Pre
Die Gautengse premier David Makhuru. (Foto: Gallo Images/Sharon Seretlo)

Met byna 5 000 gevalle van Covid-19 wat in 24 uur in Gauteng aangemeld is, kyk die provinsie na buitengewone maatreëls omdat dit wat nou in plek is, onvoldoende is.

David Makhura, premier van Gauteng, sê die brand woed op sy ergste en geen deel van die provinsie is veilig nie. “Dit brand oral.”

Hy was Saterdag saam met Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, en dr. Nomathemba Mokgethi, LUR van gesondheid, by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal waar inentings teen die virus gedoen word.

Ná die besoek het hy joernaliste toegespreek en gesê: “Ons is bekommerd. Ons moet na ons provinsie omsien. Wat nou in plek is, is nie voldoende nie.”

Hy sê hulle praat reeds met die nasionale gesondheidsdepartement en ’n besluit sal binnekort geneem word oor die stappe wat nou moet volg.

Hy het daarop gewys dat die provinsie se infeksiesyfer ook ’n impak elders het. Daarom moet die verspreiding van die virus hier in bedwang gebring word.

Volgens Makhura het die huidige vlak 2-inperking geen invloed op die infeksiekoers in die provinsie nie. Vrydagaand is aangekondig dat 4 809 nuwe gevalle in die laaste 24 uur aangemeld is.

Hy het ’n ernstige beroep op die inwoners van Gauteng gedoen om saam te werk.

Kubayi-Ngubane het op haar beurt aan eNCA gesê hoewel die situasie rondom die besmette entstof van Johnson & Johnson ’n nadelige uitwerking op die inentingsprogram in die land sal hê, werk hulle hard om dit te oorkom.

Teen Dinsdag word 300 000 dosisse van die entstof verwag en die departement kyk ook na ander entstof om dié wat besmet is, te vervang.

“Dit gaan nie net oor die verkryging van entstof nie, maar ook om te verseker dat alles in plek is vir die verspreiding na die provinsies.”

Oor die entstof van Sinovac en Sputnik V, het Kubayi-Ngubane gesê hulle wag op inligting van die adviesraad en ook die reguleerder sodat ’n besluit geneem kan word.

Ons moet ook kyk na die impak van die entstof – soos die doeltreffendheid daarvan asook waarskuwings uit die res van die wêreld daaroor.

“Ons moet ook kyk na die impak van die entstof – soos die doeltreffendheid daarvan asook waarskuwings uit die res van die wêreld daaroor.”

Nietemin behoort hulle in die volgende weke daaroor te besluit.

Sy het ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om te help met die bekamping van die pandemie deur hul maskers te dra, hul hande te ontsmet en tuis te bly.

Sy het ook ’n beroep gedoen om die verspreiding van vals nuus oor die entstof te staak.

Sy vergader in die komende week met die nasionale Covid-19-bevelsraad oor moontlike inperkings rondom die stygende getal infeksies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.