Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Huishoudelike middels kan kinders glo vet maak

Jou huishoudelike skoonmaakmiddels mag dalk een van die redes wees waarom jou kind oorgewig is.

’n Onlangste studie het ’n verband getoon tussen die gereelde gebruik van ontsmettingsmiddels, skoonmaakmiddels en omgewingsvriendelike middels, en die samestelling van bakterieë in die spysverteringstelsel.

Die navorsers het babas tussen die ouderdomme van drie en vier maande se blootstelling aan ontsmettingsmiddels gemeet. Dié wat die meeste aan ontsmettingsmiddels blootgestel is, het drie jaar later ’n hoër telling van die bakterie Lachnospiraceae in hul ingewande gehad en was meer geneig tot vetsug as dié uit huise wat minder ontsmettingsmiddels gebruik het.

Hoe meer dikwels ontsmettingsmiddels in die huis gebruik is, hoe groter was die impak op ’n kleuter se gewig.

Kinders uit huise waar omgewingsvriendelike middels gebruik is, het ’n ander samestelling van bakterieë in die ingewande gehad en was minder geneig om oorgewig te wees.

Die navorsers sê dié verskil in bakterieë is nie noodwendig die rede vir die kleiner kans op vetsug nie. Ouers wat omgewingsvriendelike middels gebruik, kan moontlik ook ander eetgewoontes en ’n leefstyl volg wat daartoe kan bydra.

’n Senior navorser van die projek, Anita Kozyrskyj, wat aan die Universiteit van Alberta in Kanada verbonde is, sê Lachnospiraceae neem slegs toe met die gebruik van antibakteriese ontsmettingsmiddels en nie met wasgoedseep of omgewingsvriendelike skoonmaakmiddels nie.

Kinders word met ’n mengsel van bakterieë in hul spysverteringstelsel gebore, wat teen die ouderdom van drie jaar uniek aan daardie kind is.

Dié mengsel programmeer elke individu se metaboliese en immuunstelsel wat tot onder meer vetsug kan lei as dit versteur word.

Kozyrskyj waarsku egter dat nog studies gedoen moet word om dié bevindings te staaf.

Meer oor:  Kinders  |  Wetenskaplike Studie  |  Oorgewig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.