Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Hulle sal help, ‘maar vlugtelinge kan nie in kerk bly’

Gift of the Givers sê hy sal die honderde vlugtelinge bystaan wat in die Metodistekerk in die Kaapstadse middestad skuil op voorwaarde dat hulle elders gehuisves word.

Dié organisasie het vroeër sy hulp onttrek nadat van die vlugtelinge glo ontevrede met hom was, maar dr. Imtiaz Sooliman, stigter van die organisasie, sê hulle is weer om hulp genader.

“Een van die leiers het om verskoning gevra en gevra vir ons hulp.”

J.P. Balous (39), ’n Kongolees, het Vrydag vlugtig op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, aanranding en roof in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

Van die vlugtelinge sit hier oorkant die Metodistekerk in die Kaapse middestad. Foto: Adrian de Kock

Netwerk24 het vroeër berig die honderde asielsoekers wat al maande lank in die kerk skuil, het onlangs in twee kampe verdeel en mekaar selfs met pangas aangeval.

Sooliman sê hulle sal weer help op voorwaarde dat die vlugtelinge na ’n kamp of basis van die Verenigde Nasies (VN) verskuif word waar gesprekke kan begin oor hul herintegrasie in Suid-Afrika of terugkeer na hul tuislande. Sprake van ’n derde land is egter nie ’n opsie nie, meen Sooliman.

“Sodra hulle in ’n kamp gehuisves word, sal ons ons hulp kan aanbied, maar nie in die kerk nie. Die kerk kan nie hul finale tuiste wees nie,” sê Sooliman.

Eerw. Chris Nissen van die Menseregtekommissie sê dit sal goed wees as Gift of the Givers weer betrokke kan raak.

“Hoewel daar van die mense is wat weer begin werk het, is daar van die vlugtelinge wat ná die verdeeldheid honger ly.”

Van die vlugtelinge hoop om in ’n derde land hervestig te word, “maar dit kan nie gebeur nie”, sê Nissen.

Hy sê samesprekings met die departement van binnelandse sake, die burgemeester van Kaapstad, die polisie en die VN hervat volgende week.

Meer oor:  Metodistekerk  |  Vlugtelinge  |  Asielsoekers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.