Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Ietermagô ook koronadraer

As ’n mens die vleis van roofdiere eet, loop jy gevaar om ’n gevaarlike virus te kry, waarsku prof. Ray Jansen van die Afrika-ietermagô-werkgroep.

’n Ietermagô.

Jansen het gereageer nadat wetenskaplikes vasgestel het dat ’n virus wat 99% soortgelyk is aan die koronavirus wat nou paniek oor die wêreld heen veroorsaak, ook deur ietermagô’s gedra word.

“Dit maak heeltemal sin. Dit lyk steeds of die oorspronklike virus deur vlermuise gedra is. Maar mense moet onthou ’n ietermagô is ’n roofdier wat miere en termiete eet. Hulle is basies blind en hul tonge klewerig en baie lank, ’n driekwart van die lengte van hul lyf. Só kan vlermuismis aan die tong klou. En dis waarskynlik hoe die koronavirus van vlermuis na ietermagô na die mens oorgedra is.”

Die vlermuismis moes nog klam gewees het, want die virus word net oorgedra in vars mis. “Dié virus het toe aangepas by die nuwe ‘draer’ daarvan. En een van die ietermagô’s wat die virus het, is toe waarskynlik geëet by die kosmark in Wuhan, China, waar die virus oorspronklik onder mense versprei het,” sê Jansen.

Hy sê verder die virus word hoofsaaklik deur soogdiere gedra, en kan maklik aanpas van soogdier tot soogdier en sal nie sommer die gasheer (in dié geval ’n vlermuis of ietermagô) aantas nie omdat die gasheer ’n weerstand opbou.

Teen druktyd gister het minstens 34 900 mense wêreldwyd die virus gehad; 724 is dood.

Dr. Li Wenliang, aanvanklike fluitjieblaser oor die virus, is dié week daaraan dood nadat niemand aanvanklik hulle aan sy waarskuwings wou steur nie.

Meer oor:  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.