Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Inenting begin vir gevangenes, DKD-lede in VS, N-Kaap
Montseng Tsiu, LUR vir gesondheid in die Vrystaat. Foto: Argief

Die inentingsprogram vir die departement van korrektiewe dienste (DKD) se personeel en gevangenes in die Vrystaat en die Noord-Kaap is Woensdag by die Grootvlei-gevangenis buite Bloemfontein bekend gestel.

Montseng Tsiu, Vrystaatse LUR vir gesondheid, het die personeel en gevangenes op die geleentheid aangemoedig om van die geleentheid gebruik te maak en ingeënt te word, omdat dit die enigste manier is waarop kudde-immuniteit bereik kan word en die virussiekte verslaan sal word.

“Ek het self die entstof geneem en was nog vir geen oomblik spyt daaroor nie,” sê sy.

Sy sê dat Suid-Afrika en die res van die wêreld steeds vasgevang is in die greep van die dodelike koronavirus wat verwoesting in gemeenskappe saai en wat die wêreld verander van dit waaraan ’n mens gewoond was.

“Stygende getalle infeksies en die koms van die derde vlaag met nuwe variante wys eenvoudig dat daar nog ’n lang stryd teen die pandemie voorlê.”

Sy sê nie-farmaseutiese maatreëls soos om hande te was, sosiale distansiëring te handhaaf, maskers te dra en sover moontlik tuis te bly, is steeds die beste maniere om ’n mate van beskerming te kry.

“Maar dit is eenvoudig nie genoeg nie en meer beskerming deur middel van die entstof is nodig teen die virus wat vinnig muteer.”

Subashini Moodley, streekskommissaris van die departement van korrektiewe dienste in die Vrystaat en Noord-Kaap. Foto: Argief

Sy sê die amptenare van die DKD in die Vrystaat en die Noord-Kaap het soos die res van die bevolking ook siek geword. Tot 20 Julie is 1 349 personeellede in dié twee provinsies positief vir die virus getoets, waarvan 1 247 herstel het en 26 dood is. Daar is tans 76 aktiewe gevalle.

In die Vrystaat was daar 970 positiewe gevalle onder die personeel, 898 het herstel, 16 is dood en daar is nou 56 aktiewe gevalle.

Tsiu sê die doelwit is dat 67% van die personeel teen 30 September ingeënt sal wees.

Sy sê dit is teen dié agtergrond dat gevangenes ook van Woensdag af ingeënt sal word.

Daar was tot 20 Julie 387 gevangenes wat positief getoets is, waarvan 364 herstel het, sewe dood is en 16 nog siek is.

• Subashini Moodley, streekskommissaris van DKD, sê daar is 5 023 gevangenes in aanhouding in die Grootvlei-bestuursgebied en in die Mangaung Korrektiewe Sentrum. Sy sê om kudde-immuniteit te bereik moet 90% van alle gevangenes teen 7 Augustus ingeënt wees.

Meer oor:  Dkd  |  Gevangenes  |  Inentingsprogram  |  Inentings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.