Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Inenting: ‘Byna onmoontlik’ om personeel te dwing

Hoewel skoolhoofde hul personeel kan aanmoedig om hulle te laat inent wanneer die proses vandeesweek begin, sal dit “bykans onmoontlik” wees om hulle te dwing.

Du Toit Neethling, waarnemende hoof van die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, sê daar is onderwysers wat hulle veral weens mediese redes nie gaan laat inent nie.

Onderwysers van Upington sal na verwagting by die dr. Harry Surtie-hospitaal ingeënt word.

Onderwysers wat nie die entstof wil kry nie, sal geensins toegang tot die skool geweier word nie.

“Die onderwysers wat nie gaan (vir die inenting) nie, het mediese reëlings. Dit is min dat ’n ou net weier. Dis onderliggende siektes wat ’n rol speel.”

Hy sê die onderwysdepartement is baie deeglik in sy logistieke proses oor die inenting van skoolpersoneel.

Hy meen feitlik al die skole se personeel kan hulle Donderdag by die Universitas-hospitaal laat inent.

Dit skep wel ’n uitdaging rondom onderrig, maar hulle kon ’n werkbare oplossing vind.

Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole, sê in die Vrystaat sal onderwysers en ander personeel by die skool self óf by ’n inentingspunt ingeënt word.

In die Noord-Kaap sal die reëlings oor waar en wanneer onderwysers die entstof kan ontvang eers Dinsdag om 12:00 bekend gemaak word, sê Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die Noord-Kaapse onderwysdepartement.

Sover vasgestel kon word, het sommige onderwysers in Upington reeds ’n rooster ontvang met die datum, tyd en plek waar hulle ingeënt sal word.

’n Onderwyser van Upington wat anoniem wil bly, sê volgens die rooster sal hulle by die dr. Harry Surtie-hospitaal of by die Mediclinic Upington ingeënt word.

Hoewel baie onderwysers in dié provinsie gesê het hulle is nog onseker oor die entstof, sal daar wel ’n beduidende getal onderwysers van Woensdag af daarvoor aantree.

Elmanda Fourie, ’n arbeidsterapeut van Upington, sê sy het die entstof sowat twee weke gelede ontvang omdat sy by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika geregistreer is.

“Ek was vir ’n dag grieperig, maar daarna oukei.”

Sy sê sy respekteer onderwysers se besluit om nie ingeënt te word nie, aangesien dit hul eie keuse moet wees.

Sy sou egter dan wou sien dat persone wat nie tans kan registreer nie, maar ’n hoërisikogeval is, in die plek van gesondheidswerkers of onderwysers wat kies om nie die entstof te neem nie, in aanmerking daarvoor kom.

Meer oor:  Vrystaat  |  Noord-Kaap  |  Inentings  |  Covid-19  |  Onderwysers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.