Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Inentings in Mosselbaai gewysig ná ‘probleme met entstof’

Die inentingskedule vir Mosselbaai moes vandeesweek gewysig word weens probleme met die beskikbaarheid van entstof.

Die Mosselbaai-munisipaliteit het Maandagaand op sy Facebookblad bekend gemaak dat die skedule vir die gebied gewysig is en dat inentings van Dinsdag tot Vrydag van 08:00 tot 12:00 in die Mosselbaai-stadsaal, die D’Almeida-gemeenskapsaal, die Wolwedans-gemeenskapsentrum en Alma-kliniek gedoen word. ’n Uitreik na Jakkalsvlei is gekanselleer.

Eerste inentings is Dinsdag in Herbertsdale gedoen.

Nadia Ferreira, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid in die Eden-distrik, sê al hul persele is vir die res van die week oop.

“Ons het slegs die skedule verander om Dinsdag meer instapkliënte te kan akkommodeer. Ons prioritiseer steeds mense ouer as 60 jaar vir hul eerste en tweede dosisse, dan mense van 50 jaar en ouer vir hul eerste dosis en dan 35- tot 49-jariges met geldige EVDS–afsprake.”

Die departement het Maandag bekend gemaak meer as 67 000 mense in die Tuinroete is nou reeds ingeënt by 34 openbare inentingsplekke en agt private inentingsplekke in die distrik.

Mense van 35 en ouer kan tans vir inentings registreer.

Mense moet ook daarop let dat inentings op die dag afhang van die aanvraag by die spesifieke inentingsplek.

Mense kan registreer byhttps://vaccine.enroll.health.gov.za/#/, en deur *134*832# te bel en die instruksies te volg (gratis op alle Suid-Afrikaanse netwerke) of die woord “REGISTER” per WhatsApp na 0600 123456 te stuur.

Inentings

• Knysna: Knysna-gemeenskap-dagsentrum en die Knysna-stadsaal Woensdag tot Vrydag (21 tot 23 Julie); Sedgefield-kliniek Donderdag en Vrydag (22, 23 Julie) en Vrydag (23 Julie) by die Keurhoek-satellietkliniek.

• Bitou: Kwanokuthula-gemeenskap-dagsentrum Woensdag en Vrydag (21 en 23 Julie; Kranshoek-kliniek Donderdag (22 Julie) en Plettenbergbaai-kliniek (21 tot 23 Julie).

• George: Harry Comay TB-hospitaal, Thembalethu-gemeenskapsontwikkelingsentrum, George-Sentraal-kliniek, Pacaltsdorp-kliniek en Uniodale-hospitaal (Woensdag en Donderdag, 21 en 22 Julie en mobiele uitreik na plase Donderdag en Vrydag, 22 en 23 Julie).

• Hessequa: Riversdal-burgersentrum Woensdag tot Vrydag (21 tot 23 Julie); Heidelberg Duivenhoks-saal in Heidelberg Woensdag en Vrydag (21 en 23 Julie), Theronsville in Albertinia Donderdag en Vrydag (22, 23 Julie), Melkhoutfontein-satelliet-kliniek Woensdag (21 Julie), Stilbaai-burgersentrum Donderdag en Vrydag (22 en 23 Julie), Slangrivier-satellietkliniek Vrydag (23 Julie), De Duinesaal in Witsand Woensdag (21 Julie).

• Kannaland: Zoart-sportklub Woensdag (21 Julie) en NG Kerksaal in Calitzdorp Donderdag en Vrydag (22 en 23 Julie).

• Oudtshoorn: Toekomsrus-gemeenskapsaal en Oudtshoorn-kliniek Woensdag tot Vrydag (21 tot 23 Julie) en

De Rust (Blommenek) se kliniek Donderdag (22 Julie).

Meer oor:  Mosselbaai  |  Entstof  |  Inentings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.