Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Inentings: ‘Landbousektor moet ook prioriteit wees’

Agri SA het Maandag ’n beroep op die regering gedoen om die landbousektor, wat vir voedselproduksie verantwoordelik is, ook te prioritiseer met die toediening van die Covid-19-entstof.

“Die regering het gesondheidswerkers, mense ouers as 60 en nou ook onderwyspersoneel vir inentings geprioritiseer sonder om noodsaaklike werkers soos dié in die landbousektor in ag te neem,” sê Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA.

Volgens Van der Rheede is boere en plaaswerkers, wat hoofsaaklik in landelike gebiede woon en meer kwesbaar vir die derde vlaag Covid-19-infeksies is, verantwoordelik vir voedselproduksie ongeag hierdie blootstelling.

“Aangesien hulle ’n kritieke rol in voedselsekerheid speel, vra Agri SA die regering om hierdie sektor ook ingevolge die nasionale ontplooiing van die entstof te prioritiseer.”

Agri SA het boere en plaaswerkers wat 60 jaar en ouer is ook aangemoedig om hulle vir die entstof te registreer.

Meer oor:  Agri Sa  |  Christo Van Der Rheede  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Landbousektor  |  Pandemie  |  Inentings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.