Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Inentings: Só werk dit as jy 50 en ouer is

Mense 50 jaar en ouer kan hulle van 1 Julie af registreer om teen Covid-19 ingeënt te word.

Dit terwyl die inentings van diegene 60 jaar en ouer nog nie afgehandel is nie, en Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, Dinsdag erken het dat die regering nie sy teiken gaan haal om 5 miljoen mense bo 60 voor einde Junie teen die virus in te ent nie.

Nietemin, sê Nicholas Crisp, adjunkdirekteur-generaal van gesondheid, die regering is gereed om die volgende ouderdomsgroep in te ent.

Crisp, wat die inentings vir die departement behartig, het sewe vrae oor die volgende ouderdomsgroep se inentings beantwoord.

1. Waar kan mense hulle registreer?

Mense 50 en ouer kan hulle ook van 1 Julie af op die regering se aanlyn stelsel registreer: https://vaccine.enroll.health.gov.za/.

2. Moet ek steeds aanlyn registreer as ek by my mediese fonds geregistreer is?

Ja. Volgens Crisp verkies hulle dat mense nie by hul mediese fonds registreer nie.

3. Van hoe laat af kan mense op 1 Julie registreer?

Aanvanklik sou registrasies Woensdagaand om middernag geopen het, maar dié wat in aanmerking kom, kan nou van Donderdag 1 Julie om 13:00 registreer om hul Covid-19-inentings te ontvang.

4. Moet mense wag vir ’n SMS om ’n afspraak te bevestig of kan hulle net by sentrums opdaag?

Albei. “Ons verkies dat mense wag vir afsprake, maar ons besef dat party sentrums instap-inentings toelaat.”

5. Gaan meer inentingsentrums opgerig word?

Ja, in die private en staatsektor. Crisp sê die getal sentrums sal afhang van die vraag in ’n bepaalde gebied. Dit sal bepaal word deur hoeveel mense hulle daar registreer.

6. Is daar genoeg entstowwe vir almal?

Ja, sê Crisp. Dit sluit ’n tweede dosis in vir gesondheidswerkers en mense ouer as 60 wat reeds hul eerste dosis Pfizer-entstof gekry het. “Ons het genoeg voorraad om tot in Augustus te hou en teen dan sal die volgende besendings kom,” sê hy.

7. Wanneer begin die inentings vir mense ouer as 50?

Volgens Crisp sal afsprake hiervoor ná 15 Julie begin.

* Hierdie berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is.

Meer oor:  Koronavirus  |  Inentings  |  Vlak 4  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.