Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Inentings: Verwarring oor 50-plussers

Groot verwarring heers nou nadat die Gautengse premier aangekondig het mense tussen 50 en 59 sal van volgende week af teen Covid-19 ingeënt kan word.

David Makhura, premier van Gauteng, Donderdag op ’n mediakonferensie van die Gautengse Covid-19-bevelsraad, waar hy aangedui het mense in die ouderdomsgroep van 50 tot 59 jaar oud sal van volgende week af ingeënt word.

David Makhura het in sy begrotingsrede vir die premierskantoor gesê dit word gedoen in ’n poging om die derde vlaag van Covid-19-infeksies hok te slaan.

Maar Nicholas Crisp, adjunk-direkteur-generaal van die departement van gesondheid, sê hy weet nie waar Makhura sy inligting daaroor gekry het nie.

“Hy is premier van Gauteng en nie verantwoordelik vir die inentingsprogram nie. Dis ’n halwe waarheid.”

Crisp het daarop gewys dat Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, Vrydag ’n mediakonferensie hou.

Makhura het gesê dit is noodsaaklik om meer mense in te ent. “Daarom sal ons volgende week begin om mense van 50 tot 59 jaar oud in te ent.”

Hy het egter nie gesê of dit net in Gauteng of ook nasionaal gedoen gaan word nie.

Nomsa Mmope, tussentydse bedryfshoof van die Gautengse gesondheidsdepartement, het Donderdagmiddag op ’n mediakonferensie van die provinsiale Covid-19-bevelsraad gesê Gauteng is die dryfkrag agter die poging om ’n nuwe ouderdomsgroep in te ent.

Nasionale regering moet besluit

“Dit bly egter die besluit van die nasionale regering.”

Dr. Keith Cloete, hoof van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, sê as dié mense ook ingeënt word, sal dit nie net Gauteng geld nie, maar alle provinsies. Hy sê hulle wag op ’n aankondiging daaroor.

Ek weet nie van mense bo 50 wat volgende week ingeënt sal word nie. Hulle sal wel van volgende week af op die EVDS-stelsel kan begin registreer vir inenting.

Dr. Lwazi Manzi, woordvoerder van die nasionale gesondheidsdepartement, het ook Donderdag by navraag gesê Kubayi-Ngubane sal Vrydag nuwe inligting rondom Suid-Afrika se entstofprogram bekend maak.

Ook dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, sê sy het nie dieselfde inligting as Makhura nie.

“Ek weet nie van mense bo 50 wat volgende week ingeënt sal word nie. Hulle sal wel van volgende week af op die EVDS-stelsel kan begin registreer vir inenting,” sê sy.

Tans word net diegene van 60 jaar of ouer, gesondheidswerkers en onderwysers ingeënt teen Covid-19. Luidens die jongste beskikbare data is 2,31 miljoen mense in Suid-Afrika reeds ingeënt met die Pfizer- of die Johnson & Johnson-entstof.

Mmope het Donderdagmiddag op die provinsiale Covid-19-bevelsraad se mediakonferensie gesê Gauteng is nie tevrede met die pas waarteen inentings in die provinsie gedoen word nie.

“Daar is twee faktore wat hiertoe bydra: Mense wat nie ingeënt wil word nie, en probleme met die EVDS-stelsel,” het sy gesê.

Die moontlikheid om mense tussen 50 tot 59 jaar oud in te ent, word tans op nasionale vlak bespreek.

Sy sê Gauteng het tot dusver meer as 550 000 mense teen die koronavirus ingeënt.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.