Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Infeksie-spesialis van Bloem se ma ook siek

Dr. Cloete van Vuuren, bekende infeksiesiekte-spesialis van Bloemfontein en hoof van die departement interne medisyne van 3 Militêre Hospitaal, se ma, Fèbè (81), het ook Covid-19 opgedoen.

Dr. Cloete van VuurenFoto: Verskaf

Dr. Van Vuuren, een van drie geregistreerde infeksiesiekte-spesialiste in die Vrystaat, sê sy pa, prof. Martin van Vuuren (81), versorg sy ma tuis in ’n Bloemfonteinse aftreeoord.

Prof. Van Vuuren was vroeër van die departement huisartskunde aan die mediese fakulteit van die Universiteit van die Vrystaat.

Dr. Van Vuuren sê sy ma is nou op dag tien en beslis beter, terwyl sy pa nie aangesteek het nie.

“Ek weet nie waar sy die virussiekte opgedoen het nie, want sy en my pa was heeltyd bitter versigtig, het maskers gedra en nie gaan kuier nie.”

Hy sê sy ma drink net Panado en Brufen vir die koors.

“Daar was ’n stadium dat ek baie bekommerd was oor haar.”

Hy beveel aan dat mense steeds maskers dra.

“Daar is bewys dat mense wat maskers dra, nie so siek word nie en dikwels a-simptomaties is, terwyl mense wat nie maskers dra nie, soos in Amerika, meer simptomaties is en ernstiger siek raak.”

Volgens hom het die getal pasiënte met die virussiekte in Bloemfonteinse hospitale die afgelope twee tot drie weke baie afgeneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.