Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Infodemie’ boonop saam met Covid-19

Die Covid-19-virus is ’n “reuse-infodemie”, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

’n Man in ’n Sjanghai-winkelsentrum koop roomys. Foto: REUTERS

Op sosiale media versprei waninligting oor die virus teen ’n ongekende tempo. Onder die fop­nuus is dat die virus ’n biologiese wapen is wat per ongeluk uit ’n laboratorium gekom het.

Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die WGO, het volgens MIT Technology Review onlangs op ’n kongres in München, Duitsland, gesê: “Ons veg nie net teen ’n pandemie nie; ons veg ’n infodemie.”

Volgens die mediese joernaal The Lancet het die getal aangemelde gevalle begin vandeesmaand gestabiliseer, maar op 13 Februarie is byna 15 000 nuwe gevalle en 242 sterftes op een dag in die Hubei-provinsie (waarvan Wuhan die hoofstad is) van China aangemeld.

Die toename was volgens The Lancet waarskynlik weens die herklassifikasie van ou gevalle onder breër kliniese kriteria. Vorige syfers het net laboratorium-bevestigde gevalle ingesluit. Die hersiene kriteria is slegs op Hubei toegepas.

In China, waar daar tot 72 000 bevestigde gevalle is, word oorlogtydse beheermaatreëls nou toegepas, berig The Lancet.

Die afgelope week het die WGO die somtotaal van 804 bevestigde gevalle en drie sterftes in 25 lande buite China bevestig. Volgens The Lancet is dit betreklik min, maar is die tempo van sekondêre oordrag uiters kommerwekkend.

Op sosiale media doen bladsye uit die Amerikaanse skrywer Dean R. Koontz se 1981-boek The Eyes of Darkness die rondte, met die implikasie dat hy die virus “Wuhan-400” daarin voorspel het.

Volgens die webwerf Snopes, wat feite verifieer, het die huidige virus, buiten vir die naam, min in gemeen met Koontz se verbeeldingsvlug. “In ’n 1981-uitgawe van die boek (beskikbaar by Google Books) het ons geen verwysing na Wuhan gevind nie. In daardie druk was die biologiese wapen ‘Gorki-400’, vernoem na die stad waar dit gemaak is.” Dis eers in ’n 2008-uitgawe dat die naam “Wuhan-400” sy verskyning maak.

Volgens Snopes is nog verskille:

¦ Koontz se virus is ’n mensgemaakte wapen; Covid-19 nie;

¦ In die boek sterf al “Wuhan-400” se slagoffers; Covid-19 het ’n sterftesyfer van sowat 3%; en

¦ Die fiktiewe “Wuhan-400” het ’n inkubasietydperk van sowat vier uur in vergelyking met die twee tot 14 dae van Covid-19.

Nóg ’n teorie kom van die webwerf Zerohedge.com. “Tyler Durden” – ’n karakter in die fliek Fight Club – skryf die Chinese weermag het die virus as wapen ontwikkel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.