Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Ingeënt? Onthou, jy kan steeds Covid-19 kry

Net omdat iemand teen die koronavirus ingeënt is, beteken dit nie dat die persoon nie Covid-19 kan kry nie.

Iemand kan steeds Covid-19 opdoen, hoewel die infeksie moontlik minder ernstig sal wees.

So waarsku die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios).

“Ja, individue wat teen Covid-19 ingeënt is, kan steeds die virussiekte kry, hoewel die infeksie waarskynlik net matig sal wees teenoor mense wat nie ingeënt is nie.”

Nios sê meer inligting moet nog bekom word oor of die entstowwe ook beskerming teen asimptomatiese gevalle of matige gevalle van die virussiekte bied.

“Dit is ook onduidelik of mense wat ingeënt is, ander mense met die virus kan aansteek. Mense moet dus steeds waaksaam wees.”

Nios sê dit is ook belangrik dat mense wat ingeënt word, bewus is daarvan dat hulle newe-effekte kan ervaar.

“Van die newe-effekte wat die meeste voorkom, is sensitiwiteit waar hulle ingespuit is, hoofpyn, koors, moegheid of maagwerkings. Hierdie newe-effekte kan matig wees en kan vir ’n paar dae soos griepsimptome voel.”

Nios sê dit is veral belangrik dat mense wat ingeënt is, steeds maskers dra en ’n gesonde afstand van ander handhaaf, omdat daar nog nie duidelikheid is of mense wat ingeënt is, volle beskerming teen matige Covid-19 geniet nie.

Dit beteken dus dat die virus steeds kan versprei, hoewel die data toon dat mense wat ingeënt is, wel beskerming teen ernstige Covid-19, hospitalisering en sterfte weens die virussiekte sal hê.

Mense wat ingeënt is, se immuunstelsel sal ná 14 dae beskerming bied.

Volgens Nios sal mense wat met die Johnson & Johnson-entstof ingeënt is, ná 14 dae sterk beskerming hê, maar diegene wat met die Pfizer-entstof ingeënt word, sal eers ná hul tweede dosis sterk beskerming hê.

Nios sê daar is “matige beskerming” ná die eerste Pfizer-dosis, maar die beste beskerming word eers ná die tweede dosis verkry.

Volgens Nios is dit steeds belangrik dat mense wat ingeënt is en moontlik aan Covid-19 blootgestel word, steeds vir tien dae in isolasie bly.

Meer oor:  Nios  |  Covid-19  |  Covid-19-Entstof  |  Bevelsraad  |  Infeksies  |  Hospitaal  |  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Gevalle  |  Entstof  |  Inentings  |  Sterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.