Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Inperking: Hier is jongste wysigings

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het die jongste wysigings aan die regulasies vir die res van die staat van inperking Donderdag aangekondig.

Dít behels onder meer dat:

  • die vervoer of verkoop van alkohol vir menslike verbruik steeds verbied word, maar dat alkohol wat vir kommersiële doeleindes soos in ontsmettingsmiddels en ander verwante produkte gebruik word, wel vervoer mag word;
  • noodsaaklike goedere wat per see ingevoer word nie soos voorheen eers by hawens ontsmet moet word voordat dit versprei word nie omdat die koronavirus nie lang see-reise oorleef nie;
  • nie-noodsaaklike goedere wat in hawens opeenhoop omdat dit nie uitgevoer kon word nie, kan nou uitgevoer word om plek in hawens te maak vir noodsaaklike goedere;
  • bestaande streng regulasies geld steeds wat betref begrafnisse, maar diegene wat begrafnisse moet bywoon voordat ’n doodsertifikaat uitgereik kan word, kan nou beëdigde verklarings van die polisie of ’n landdros bekom as bewys om so ’n begrafnis by te woon;
  • kinders van geskeide ouers wat toesig-regte deel en tussen die twee ouers moet rondbeweeg, moet ’n hofbevel of dokumente van die gesinsadvokaat daarvoor hê, maar kan in die afwesigheid daarvan ’n geboortesertifikaat toon wat albei ouers met die kind verbind;
  • raffinaderye weer toegelaat word om op volle kapasiteit bedryf te word om te verseker dat daar genoeg brandstof is;
  • alle diepmyne toegelaat word om op 50% van hul kapasiteit te begin myn omdat dit ’n gevaar inhou as dit vir lank onaktief is. Streng voorwaardes geld egter daarvoor soos dat mynwerkers wat terugkeer aan siftings- en toetsprosesse vir die koronavirus onderwerp word, terwyl myne self kwarantynfasiliteite vir werkers wat besmet is, moet skep en hulle moet ook vervoer vir hul Suid-Afrikaanse werknemers reël. Myne sal toegelaat word om stelselmatig tot volle kapasiteit terug te keer;
  • ondernemings wat komponente, herstelwerk of instandhoudingswerk vir noodsaaklike dienste soos water- of elektrisiteitsverskaffing of aan hospitale verskaf, kan weer vir sake oopmaak;
  • ondernemings wat voertuie vir noodsaaklike dienste herstel, kan heropen;
  • loodgieters- of elektrisiënondernemings kan heropen om gebarste waterpype of elektrisiteitsprobleme in private huishoudings te herstel;
  •  bestaansvissers in klein kusdorpies wat hul vis verkoop, kan met hul bedrywighede voortgaan; maar die verkoop van gekookte kos word steeds nie toegelaat word;
  • inbelsentrums wat kleinhandelaars se rekening-afdelings bedien, kan oopmaak vir sake;
  • amptenare van die Verkiesingskommissie kan rondbeweeg; en
  • ondernemings wat ondersteunings- en hersteldienste rondom inligtings- en kommunikasie tegnologie vir huishoudings en noodsaaklike dienste lewer, kan begin sake doen.

Volgens Dlamini-Zuma bly die res van die aanvanklike regulasies van die staat van inperking steeds in plek en sal weekliks aangepas word soos die staat van inperking stelselmatig verslap word.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het Donderdag bevestig dat die verbod op die verkoop van sigarette steeds in plek bly.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.