Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Inperking: Oos-Kaap wil oortredings so hokslaan

Alle wyksraadslede in die Oos-Kaap het opdrag gekry om seker te maak dat die inwoners in hul wyke die maatreëls en regulasies van die staat van inperking begryp.

Oscar Mabuyane, voorsitter van die ANC in die Oos-Kaap.

Oscar Mabuyane, premier, sê hy is bekommerd daaroor dat Oos-Kapenaars nie op die verbod op groot byeenkomste soos tradisionele seremonies, troues en sportgeleenthede ag slaan nie. Ten spyte van die Covid-19-pandemie is daar volgens hom steeds mense wat voortgaan om groot byeenkomste te reël of by te woon.

Daar is tans 174 koronavirus-gevalle in die Oos-Kaap.

Ingevolge die staat van inperking mag geen tradisionele seremonies, troues, geloofsaamtrekke, sportaktiwiteite of enige ander sosiale byeenkomste gehou word nie.

Begrafnisse mag wel plaasvind, maar net tot 50 mense mag dit bywoon.

As teenvoeter vir die Oos-Kapenaars se ongehoorsaamheid is alle raadslede in die provinsie opdrag gegee om te verseker dat die inwoners in hul wyke oor die reëls en regulasies ingelig word.

“Die raadslede moet die boodskap aan hul onderskeie gemeenskapslede oordra sodat ons nie weer ’n geval het waar tradisionele bier en kos weggegooi moet word wanneer die reëls afgedwing word nie.

“Ons wil dit onder almal se aandag bring dat die reëls daar is om mense teen die virus te beskerm. Almal moet die reëls nakom anders sal hulle vervolg word.”

Mabuyane het diegene wat wel die reëls nakom en tuisbly, bedank en gesê dit is hulle wat help dat die verspreiding van die virus gekeer word.

Op ’n vorige geleentheid het hy gesê hy gaan hom wend tot die nasionale regering om strenger maatreëls vir die Oos-Kaap te vra, soos om die provinsie – veral die landelike gebiede – geheel en al te sluit.

Meer oor:  Inperking  |  Oscar Mabuyane  |  Oos-Kaap  |  Covid-19-Virus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.