Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Inperking: SA gesin in Abu Dhabi vertel

Hoe oorleef ’n mens te midde van ’n staat van inperking?

’n Wes-Kaapse gesin wat al reeds drie weke in selfisolasie en nou ook onder inperking is in Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate, sê dis maar ’n leerkurwe en hulle hanteer dinge soos dit gebeur.

Bonita en Jerome Cairncross werk al die afgelope paar jaar hier as onderwysers en hul dogter, Chasia, gaan hier skool.

Hulle het Dinsdag en Woensdag ’n reeks video’s vir Netwerk24 gemaak om te wys hoe hulle hul dae aanpak. Hulle het drie weke gelede in selfisolasie gegaan en ’n week gelede het ook Abu Dhabi ’n staat van inperking ingestel.

Die Cairncross-gesin is oorspronklik van Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte, maar deesdae woon hulle in Gordonsbaai wanneer hulle in Suid-Afrika is.

Bonita Cairncross, haar dogter, Chasia, en haar man Jerome. Foto: Facebook

Bonita sê dis ’n uitdaging, maar hulle besef wat nou gebeur, is ter wille van die welstand van almal wat daar woon. Hulle het Sondag met aanlyn klasse begin en volg ’n streng skedule waarvolgens hulle lesse deurgee.

Bonita en Jerome is albei baie aktiewe mense en hardloop gereeld in wedlope. Gewoonlik sou sy soggens gaan draf het, maar met die inperking kan sy dit nie meer doen nie. Sy sê hulle was nog net een keer in die tydperk uit en dit was om kruideniersware te gaan koop.

Bonita sê hulle het op dié dag gesien hoe leeg die kosafdelings in die winkelsentrum is en is bly dat mense die bevele van die regering ernstig opneem. By hulle is net kruidenierswarewinkels en apteke oop.

Ook Chasia doen nou haar skoolwerk aanlyn. “Chasia sê sy is oukei, maar ek weet dis vir haar ook moeilik. Ons gaan gewoonlik Donderdae fliek, Vrydae is dit kerk en die res van die naweek sal ons uitry iewers en net gaan ontspan. Nou kan ons dit ook nie doen nie.”

Hul werkweek begin op ’n Sondag.

Van die uitdagings waarmee hulle te kampe kry, is dat die rekenaarstelsel waarop hulle werk stadig kan wees en soms ineenstort.

Bonita sê hulle bly in kontak met vriende en familie deur WhatsApp en sosiale media.

Bonita en Jerome doen albei ’n beroep op Suid-Afrikaners om gehoor te gee aan die regering se regulasies.

“Hier doen ons dit, nie net vir onsself nie, maar uit respek vir die land waar ons nou woon. Die regering hier doen regtigwaar moeite om na inwoners en hul welstand om te sien. Ons vra Suid-Afrika om ook dit vir hulself en die res van ons land se mense te doen.

“Luister na ons president, as jy moet uitgaan, doen net dit wat jy moet doen en gaan terug huis toe.”

Meer oor:  Jerome Cairncross  |  Abu Dhabi  |  Gesin  |  Isolasie  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.