Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Insiggewend dat Cyril nie na bevelsraad verwys’
cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand aan die woord in die Uniegebou. Foto: Presidensie

Dit is insiggewend dat pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand gesê het die besluit om die inperkingsvlak van 1 Junie te verlaag, is deur die kabinet geneem en nie deur die nasionale bevelsraad nie.

Dít is die mening van Unisa se prof. Jo-Ansie van Wyk, ’n politieke kenner op die gebied van gesondheid, oor die president se jongste boodskap aan Suid-Afrikaners.

“Vir my is dit ’n wegbeweeg van wat voorheen gebeur het. Dit lyk asof hy met dié uitlating reageer op die kritiek dat die bevelsraad op ’n vlak hoër as die kabinet funksioneer en moontlik ondemokraties is en nie aanspreeklikheid hoef te aanvaar vir sy besluite nie,” sê Van Wyk.

Sy meen Suid-Afrika het nou ’n waterskeiding in sy stryd teen die pandemie bereik.

“Ons het nou ’n klomp goed gedoen om die inperking te beheer, maar nou gaan tussen agt miljoen tot 11 miljoen mense terug werk toe.

“Dit kan lei tot ’n groot toename in die getal infeksies.”

Van Wyk sê die president het “weer met groot realisme gepraat” en sy boodskap is van die begin af konstant dat ons te make het met ’n baie ernstige saak”.

Die president het die verantwoordelikheid nou teruggegee aan die burgers van die land.

“Hy het herhaaldelik die fokus na die burgery verskuif.

Hoewel die besluite nie by almal ewe gewild is nie, en veral nie vir rokers nie, is dit so dat die president wyd gekonsulteer het.

“Hoewel die besluite nie by almal ewe gewild is nie, en veral nie vir rokers nie, is dit so dat die president wyd gekonsulteer het.

“Hy het ook weer gesê almal hoef nie altyd saam te stem nie en dit is goed dat daar ’n wye verskeidenheid van menings is. Dit is nie net verrykend nie, maar help ook dat die regte besluite geneem kan word,” meen Van Wyk.

Hy het ook benadruk dat dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, se mediese adviesraad uit van die voorste kundiges in die land bestaan.

“Daarmee het hy die verdagmakery van prof. Glenda Gray, uitvoerende hoof van die Mediese Navorsingsraad en voorsitter van die Covid-19-adviesraad se navorsingsubkomitee, ’n bietjie getemper.”

Sy sê hy het ongelukkig niks gesê oor iets soos reis tussen provinsies nie en ook nie hoe die tekort aan onder meer persoonlike beskermende toerusting wêreldwyd Suid-Afrika raak nie.

Van Wyk waarsku baie mense sal waarskynlik ontevrede wees met die nuwe maatreëls wat vandeesweek bekend gemaak sal word.

Haar kollega emeritusprofessor Pieter Labuschagne meen die regering het die laaste ruk baie geleer.

“Ramaphosa se benadering is baie meer konsulterend.

“Die stappe wat hy aangekondig het, is realisties, prakties en wetenskaplik gegrond.

Die stappe wat hy aangekondig het, is realisties, prakties en wetenskaplik gegrond.

“Ek dink Suid-Afrika kan in dié moeilike omstandighede dankbaar wees vir die leiding,” het Labuschagne gesê.

Die Solidariteit Beweging het die afskaling na vlak 3 verwelkom.

Flip Buys, voorsitter, sê in ’n verklaring die skade aan die ekonomie is reeds “bykans onberekenbaar”.

Die skuif na vlak 3 sal ook gepaard gaan met groot werkverliese omdat daar te lank gewag is om die ekonomie te open.

“Daar is steeds dele van die ekonomie wat onder streng gesondheidsvoorwaardes kan oopmaak.

“Die uitgangspunt moet wees dat ondernemings wat gesond kan sake doen, moet kan oopmaak. Daar is steeds irrasionale regulasies, soos die verbod op tabakverkope, wat getoets moet word.

“Daar moet ook dringend oplossings kom sodat geloofsgemeenskappe kan vergader. Suid-Afrika het juis in dié tyd aktiewe geloofsgemeenskappe nodig,” sê Buys.

Meer oor:  Koronavirus  |  Pandemie  |  Vlak 3  |  Cyril Ramaphosa  |  Inperking  |  Kabinet  |  Covid 19  |  Bevelsraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.