Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Internasionale eer vir vrou wat TB 10 keer oorleef
Lede van die New Birth Youth Ministry by Noleen Dirkse tydens ’n viering van haar prys in Knysna. Maria Mosea, Blanche Oluoc, Dirkse en Lauretta Phillips. Agter is Stephen Oluoch en Wilma Snetler. Foto: Verskaf

Sy doen dit nie vir die erkenning nie, sê Noleen Dirkse van Knysna. Sy het al 10 keer tuberkulose (TB) oorleef en het onlangs ’n internasionale prys ontvang vir haar werk onder TB-lyers in die gemeenskap.

Dirkse (49) wat weens gesondheidsredes nêrens heen kan gaan sonder ’n verstuiwer en ’n mobiele suurstoftenk nie, is onlangs met die Karel Styblo Public Health-prys vereer.

Omdat Dirkse nie goed kan hoor nie het Veronique Klein, haar woordvoerder, namens haar met Netwerk24 gepraat. Klein het onlangs ook die prys namens Dirkse in Indië ontvang.

Dirkse, wat haar eie nieregeringsorganisasie het en ’n motiveringspreker is, help al langer as 10 jaar TB-lyers, asook mense met MIV/vigs in Knysna.

“Dit is groot werk,” sê Klein. “Noleen doen dit heeltemal op haar eie.”

Dirkse behartig uitreikprogramme in die gemeenskap, help pasiënte in nood en motiveer en onderskraag hulle emosioneel.

In Knysna staan sy bekend as “Sister Noleen” of “die vrou met die suurstoftenk”. Dirkse het min longkapasiteit weens skade wat die siekte aan haar longe aangerig het. Sy haal moeilik asem. Waar sy gaan is die suurstoftenk en verstuiwer byderhand. TB is reeds by geboorte by haar gediagnoseer en nog nege keer daarna. Sy het elke keer oorleef.

Klein sê die prys wat toegeken is, is ’n groot eer vir Dirkse. “Dit is juis omdat dit wat sy doen is om mense te help en ’n verskil in hul lewe te maak, en nie om erkenning te kry nie.”

Gelukwensings, onder andere van die Knysna-munisipaliteit, het ingestroom nadat sy die prys ontvang het.

Volgens die webtuiste van The Union, ’n internasionale organisasie wat in 1920 tot stand gekom het om TB te beveg, word die Karel Styblo-prys toegeken aan ’n gesondheidswerker of gemeenskapsorganisasie wat 10 jaar of langer al daartoe bydra om TB te beheer. Die prys is vernoem na dr. Karel Styblo, wat van 1979 tot 1991 direkteur van wetenskaplike dienste by The Union was.

Dirkse is die tweede Suid-Afrikaner aan wie die prys toegeken is. In 2012 was die ontvanger dr. Karin Weyer, wat toe die koördineerder van laboratoriums, diagnose en dwelm-weerstand by die Wêreldgesondheidorganisasie se departement om TB te stuit in Genève, Switserland was.

Noleen Dirkse met haar suurstoftenk tydens ’n viering van haar prys in Knysna. Foto: Verskaf


Meer oor:  Tuberkulose
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.