Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Jammer: Permit vir die Paashaas is fopnuus

Nie eens die Paashaas het ’n permit om die naweek eiers uit te deel nie en ook hy moet streng hou by die regulasies ten opsigte van die staat van inperking.

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, het Donderdag aan Netwerk24 bevestig dat ’n dokument wat op die oog af amptelik lyk en wat skynbaar aan die Paashaas toestemming gee om vryelik in Suid-Afrika rond te reis, fopnuus is.

Luidens dié dokument, wat die ronde op sosiale media en nuuspublikasies doen, is die Paashaas vir Covid-19 getoets en is hy “vry van die virus”.

“Die Paashaas sal seker maak al die vereistes van die inperking word nagekom. Toestemming vir die Paashaas is deur al die departemente van die regering goedgekeur, waaronder nasionale veiligheid en die presidensie,” lui die verklaring.

’n Fyn lees van die dokument sal wel vraagtekens oor die geldigheid daarvan laat ontstaan. Dit verwys na Kubayi-Ngubane as die “adjunkminister van toerisme”. Sy is die minister, met Fish Mahlalela as haar adjunk.

Die opskrif van die dokument is “Special Eggs-emption”.

Die datum by die “amptelike briefhoof” is 6 April – effens vroeg om vir die Paashaas vrywaring oor Paasfees te gee.

Kubayi-Ngubane het aan Netwerk24 ’n kopie van die dokument gestuur, met ’n “fopnuus”-stempel daarop.

Op die vraag of sy dit nie tog dalk sal oorweeg om vir die Paashaas ’n toegewing te maak nie, het sy gesê sy sal eers die versoek moet verwerk.

“Ek kan nie alleen dié besluit neem nie. Maar laat ek met my span gaan praat.”

Dit lyk asof die Paashaas wel ’n permit het om oor die Paasnaweek in Nieu-Seeland rond te reis nadat Jacinda Ardern, Nieu-Seelandse premier, kinders verseker het dat die Paashaas en die tandemuis noodsaaklike werkers is.

Meer oor:  Inperking  |  Fopnuus  |  Paasfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.