Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Jhb doen nog toetse in afwagting van vlak 4

Die Gautengse gesondheidsdepartement het Maandag ’n veldtog vir massa-toetsing vir die provinsie afgeskop terwyl die land hom regmaak om op 1 Mei van vlak vyf na vlak vier van die staat van inperking oor te gaan.

Vlak vier behels dat sekere ekonomiese sektore stelselmatig heropen sal word terwyl streng maatreëls bly geld ten einde die koronavirus-infeksiekoers te beheer.

Luidens ’n verklaring het meer as 1,2 miljoen Gautengers reeds siftingstoetse ondergaan. Dit is sowat 8% van die provinsiale bevolking.

Van die 1,2 miljoen is 13 558 verwys vir koronavirus-toetse, waarvan 1 331 positief getoets is. Agt mense is reeds weens Covid-19 dood en 868 het herstel.

massa-toetsing, gauteng,
Inwoners van Alexandra by Johannesburg het Maandag in 'n stadion bymekaargekom vir massa-toetsing vir Covid-19. Foto: AP

Deur die nuwe program wil hulle soveel as moontlik mense oor die volgende vier dae toets ten einde die nasionale regering te help met sy risiko-ontledings.

Die veldtog wat Maandag begin het, teiken Johannesburg se eie episentrum, waar ’n derde van die provinsie se bevestigde gevalle is.

Dit sluit in Alexandra, Marlboro se nywerheidsgebied, Orange Grove, Orchids en gebiede om Louis Bothalaan, Sandringham, Glenhazel, Linksfield, Lyndhurst, Lombardy-Oos, Kew, Lombardy-Wes, Bryanston, Paulshoff, Fourways (tot by Witkoppenweg), die Sandtonse middestad en sy taxistaanplek, Grayston-rylaan, Athol Oaklands, Riverclub, Parkmore, woongebiede in Sandton, Klipfontein, Modderfontein en Greenstone naby Kempton Park, Kya Sands, Bloubosrand en Craigavon.

Mense wat getoets sal word, sluit in almal met griepsimptome, mense ouer as 60 en dié met voorafbestaande toestande soos diabetes, mense wat aan asma of hoë bloeddruk ly en diegene met tuberkulose of MIV/vigs.

John Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid, het Maandag in ’n verklaring gesê hy is bekommerd dat die regering hoërisikogevalle aanmoedig om na gesamentlike, openbare toetssentrums te gaan, terwyl hy onder die indruk was dié mense sal tuis getoets word.

Navrae hieroor is aan die departement gerig. Kommentaar sal bygewerk word.

Meer oor:  Alexandra  |  Johannesburg  |  Koronavirus  |  Vlak 4  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.