Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Jhb-poskantoor gesluit ná werkers siek word

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) het tydelik die sortering van nuwe pos by die Witspos-hoofposkantoor in Johannesburg opgeskort.

Dit volg nadat werkers weens ’n vermoedelik gevaarlike stof in een van die pakkies siek geraak het.

Johan Kruger, woordvoerder, sê dit is as voorkomingsmaatreël gedoen nadat ’n wit stof Donderdag omstreeks 19:00 uit een van die pakkies geval het.

Die pakkie kom van buite Suid-Afrika en was in een van die afdelings waar die pos verwerk word.

“Die gebied is afgesper sodat die pakkie ondersoek kon word, maar ons het agtergekom dat 18 van ons werkers wat in aanraking met die pakkie gekom het, siek geword het. Hulle is onmiddellik hospitaal toe geneem.”

Die Johannesburgse nooddienste en die polisie was Donderdagaand op die toneel, en daar was spanne wat die poskantoor skoonmaak.

Kruger sê hulle sal na raming ná 24 uur met die werk van die poskantoor kan voortgaan.

Hy sê al die werkers wat in die hospitaal opgeneem is, is reeds ontslaan.

Hy het ’n beroep op die publiek gedoen om geduldig met die Witspos-poskantoor te wees en sê Suid-Afrikaners moet onthou dit is teen die wet om onwettige, gevaarlike of giftige stowwe per pos te stuur.

Meer oor:  Poskantoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.