Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Johnson wil inperking in Engeland geleidelik ophef
Boris Johnson, Britse premier, beplan om die inperking teen Covid-19 in die land geleidelik op te hef.Foto: Reuters

Boris Johnson, Britse premier, het Maandag planne bekendgemaak om die inperking teen Covid-19 geleidelik op te hef.

Die BBC berig Engeland is sedert 4 Januarie agter slot en grendel nadat ’n nuwe, meer oordraagbare variant van koronavirus Sars-CoV-2 in Suidoos-Engeland ontdek is.

Johnson is hoopvol dat die grootste deel van die ekonomie voor einde Junie weer sal heropen.

Hy het benadruk dat die geleidelike opheffing van die inperking onderhewig sou wees aan veranderinge.

“Ons kan nie onbepaald volhard met inperkings wat ons ekonomie, ons fisiese en geestelike welstand asook die lewensgehalte van ons kinders verswak nie,” het Johnson gesê.

Volgens die Independent sal alle skole in Engeland na verwagting op 8 Maart heropen, terwyl tot ses mense of twee huishoudings vanaf 29 Maart weer toegelaat sal word om in die buitelug te kuier.

Vanaf 12 April sal winkels, haarkappers, skoonheidsalonne, biblioteke en buitelugbesienswaardighede weer oopmaak.

Byeenkomste van meer as 30 mense in parke en tuine sal egter steeds onwettig wees.

Die regering oorweeg ook die instelling van “Covid-status-sertifikate” as deel van die planne vir die heropening van die samelewing, het Johnson gesê.

Hy het bygevoeg dat die beleid, wat voorheen deur ’n aantal senior ministers verwerp is, hersien sou word.

Die Evening Standard berig dat die opheffing van die inperking stapsgewys sal geskied.

Die regering sal voor elke opheffing na die Covid-19-verwante gegewens kyk voordat verdere besluite daaroor geneem word.

Vanaf 21 Junie kan alle oorblywende beperkings op sosiale kontak opgehef word, groter geleenthede kan voortgaan en nagklubs sal weer toegelaat word om sake te doen.

Meer oor:  Boris Johnson  |  Brittanje  |  Pandemie  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.