Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Jong dokter hou Covid-dagboek in waakeenheid
Dr. Anel Coertze (28)
Dr. Anel Coertze (28)

’n Oud-Affie wat nou ’n dokter in Pretoria is, het van die dag wat sy siek geword aan Covid-19 dagboek gehou van al haar simptome en haar reis met hierdie virussiekte.

Dr. Anel Coertze (28) is van plan om dit te gebruik om groter bewussyn onder die publiek te skep dat Covid-19 nie ’n grap is nie en dat hulle dit ernstig moet opneem.

“Sy was nogal passievol oor die nakoming van die virusvoorkomingsmaatreëls,” sê haar ma, Danéle.

Coertze het in 2010 aan die Afrikaans Hoër Meisieskool gematrikuleer en werk in die Netcare Akasia-hospitaal se noodgevalleafdeling. Sy is tans in ’n kritieke toestand in die hospitaal, maar toon tekens van beterskap.

Die laaste paar dae het ’n gebedsketting vir haar genesing soos ’n veldbrand op Facebook versprei.

Covid-19 bestaan baie beslis. ’n Mens dink altyd dit gaan nooit met jou gebeur nie, maar wanneer dit so ná aan jou huis kom, dan besef jy die gevaar daarvan.

Coertze is verlede Dinsdag positief vir Covid-19 getoets nadat sy aanvanklik twee keer negatief getoets is. Sy het medikasie gekry om tuis aan te sterk, maar haar simptome het vererger en sy is eindelik Donderdag in die Netcare Pretoria-Oos-hospitaal opgeneem.

Coertze het die naweek voor haar diagnose ’n koors en hoofpyn gehad en sy was ook naar. Die jong dokter is Saterdag na die waakeenheid oorgeplaas en sedertdien aan ’n ventilator gekoppel.

“Haar toestand is nog kritiek, maar treetjie vir treetjie is daar vordering. Hulle kon al haar suurstoftoevoer ’n bietjie verminder,” sê Danéle.

Sy is vol lof vir die hospitaal en vertrou dat haar enigste kind ten volle sal herstel.

“Die ondersteuning van die Pretoria-Oos-hospitaal is baie, baie goed. ’n Maatskaplike werker het ons gister (Dinsdag) gebel en langs Danéle se bed gestaan. Sy het vir ons gesê sy is rustig en sy het haar selfoon by Anel gehou dat ons vir haar ’n boodskappie kon gee.”

Danéle het Saterdagoggend laas met Coertze op WhatsApp gesels.

“Covid-19 bestaan baie beslis. ’n Mens dink altyd dit gaan nooit met jou gebeur nie, maar wanneer dit so ná aan jou huis kom, dan besef jy die gevaar daarvan,” sê Danéle.

“Die reëls is nie daar om ons te straf nie, maar om óns en ons mense te beskerm. Doen jou deel en dra jou masker. En dan moet mense ook glo in die krag van gebed. Ons kry verskriklik baie ondersteuning van oraloor en is dankbaar daarvoor.” 

Meer oor:  Koronavirus  |  Tweede Vlaag  |  Waakeenheid  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.