Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Jong dokters by Tygerberg-hospitaal verwelkom

Nuwe dokters wat hul internskap by die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad begin, “moet hard werk, toegewyd wees en elke geleentheid aangryp om te leer”.

Dr. Nomafrench Mbombo, Wes-Kaapse LUR vir gesondheid.Foto: Malherbe Nienaber

Dr. Nomafrench Mbombo, LUR vir gesondheid, het Maandag 68 nuwelingdokters by die hospitaal verwelkom.

“Die nuwelingdokters kom van oor die land heen en is in ons stelsel geplaas om die nodige ervaring op te doen om die openbare gesondheidstelsel te versterk. Ek wil hulle aanspoor om hard te werk, 100% toegewyd te wees en elke oomblik waarby hulle kan leer, aan te gryp.”

Dié junior dokters het hul grade verwerf en neem deel aan ’n internskap van twee jaar by gesondheidsgeriewe oor die provinsie heen.

Daar is nou altesame 146 dokters wat aan mediese internskappe by dié hospitaal deelneem, waarvan 78 in die tweede jaar van die internskap is.

Mbombo sê in ’n verklaring die doel van die internskap is om afgeronde, pasiënt-gesentreerde, praktiese werkervaring aan dokters te bied.

“Hulle ontwikkel die praktiese vaardighede wat met hul teoretiese opleiding gepaardgaan onder die toesig en mentorskap van meer senior en ervare spanne.”

Dr. Beth Engelbrecht, hoof van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, sê die nuwelinge kry die beste moontlike geleentheid om van kollegas in alle kliniese velde te leer, terwyl hulle ook saam met gekwalifiseerde vroedvroue en verpleegsters werk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.