Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Jy mag gaan draf, met jou hond stap

REGSTELLING: Bheki Cele, minister van polisie, het Woensdagmiddag laat op 'n nuuskonferensie gesê mense gaan nié toegelaat word om met hul honde te gaan stap nie. Dit is in teenstelling met wat Mkhize Woensdagoggend aan die SAUK gesê het.

Mense sal tydens die nasionale staat van inperking steeds in die buitelug kan oefen en met hul honde gaan stap.

So het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, aan die SAUK gesê.

Volgens die businesstech.co.za is moontlike spesifieke beperkings hiervoor nog nie uiteengesit nie.

“Ons wil net vermy dat mense in groot groepe bymekaarkom,” sê Mkhize.

Volgens hom sal dit nie ’n probleem wees indien mense alleen of in baie klein groepe draf of stap, met of sonder honde nie. Indien dit ’n kleinerige groep mense is, moet hulle ook sosiale distansiëring handhaaf.

Meer oor:  Zweli Mkhize  |  Honde  |  Draf  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.