Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Verwarring oor sigaretverkope

Hoewel Bheki Cele, minister van polisie, vroeër gesê het sigarette mag nie gedurende die tyd van inperking verkoop word nie, mag mense dit blykbaar nou koop.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het Sondag bevestig mense mag sigarette saam met hul kruideniersware koop as die supermark dit mag verkoop. Dit mag egter nie op sy eie verkoop word nie.

Die Garden Route-distriksmunisipaliteit sê in ’n verklaring op sy webtuiste dat die polisie hul verbod op die koop van sigarette gedurende die 21 dae lange inperking opgehef het.

Kruidenierswinkels wat noodsaaklike goedere verkoop, mag sigarette verkoop, maar nie tabakverkopers self nie.

* Nog geen bygewerkte lys is gepubliseer nie en die departement van handel het dit nog nie bevestig nie.

’n Woordvoerder van Pick n Pay sê hulle verkoop nié sigarette tydens die staat van inperking nie, selfs nie wanneer mense kos koop nie. Die winkelgroep is nie ingelig oor enige verslapping in die regulasies nie.

Shoprite het nog nie op navrae gereageer nie.


Meer oor:  Vish Naidoo  |  Bheki Cele  |  Inkopies  |  Koronavirus  |  Covid-19-Virus  |  Sigarette
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.