Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kaap se private hospitale ‘besig, maar nog nie oorvol’

Private hospitale in die Wes-Kaap sê hulle ontvang steeds baie Covid-19-pasiënte, maar is nog nie oorvol nie namate die provinsie sy piek van infeksies nader.

Mediese werkers in die waakeenheid van ’n hospitaal met Covid-19-pasiënte. Foto ter illustrasie. Foto: Reuters

Dr. Stefan Smuts, kliniese hoof van Mediclinic Suider-Afrika, het Dinsdag gesê daar was vandeesmaand net kort tydperke waartydens private hospitale in die Kaapstadse metropool ambulanse moes herlei na ander geriewe om die “kontinuïteit van pasiëntsorg te verseker”.

“Hospitaalbed-kapasiteit bly veranderlik en dié dinamiese situasie word deurlopend gemonitor en by aangepas.”

Buite die metro, in plekke soos die Paarl, is daar ook ’n toename in Covid-19-opnames, maar die plaaslike Mediclinic het steeds kapasiteit om Covid-19-pasiënte en dié sonder die virussiekte te ontvang, sê Smuts.

Hy wys daarop dat die herlei van ambulanse nie ’n nuwe beleid is nie en lank reeds in die gesondheidstelsel gevestig is, terwyl Mediclinic “internasionaal erkende prosesse gebruik” om hulpbrontekorte te bestuur.

Craig Murphy, kusstreekdirekteur van Netcare-hospitale, sê dié maatskappy se geriewe in die Wes-Kaap is “besig”, maar het nog kapasiteit om meer mense op te neem.

“Ons monitor die situasie deurlopend en het ’n bestuursplan vir die instroming van pasiënte.”

Riaan Croucamp, streekbestuurder van die westelike kusgebied vir Life Healthcare, sê ook hoewel daar ’n toename in opnames is, bly die hospitale gereed om Covid-19-pasiënte en pasiënte wat nog getoets moet word, te ontvang.

“Van die 155 beddens wat tans vir Covid-19-pasiënte geoormerk is, word 82 in die Vincent Pallotti- en Kingsbury-hospitaal in Kaapstad gebruik. Die toewysing van beddens hang af van die sorg wat benodig word.

Daarby het die hospitale planne om meer beddens vir Covid-19-pasiënte te omskep, meer personeel te werf indien nodig en die nodige toerusting aan te koop of te verskuif.”Croucamp sê daar word omvattend met die provinsiale departement van gesondheid beraadslaag om beter samewerking tussen private hospitale en staatshospitale te verseker.

Hulle het nie pasiënte spesifiek weens Covid-19 herlei nie, maar ook mense met ander siektes.

By die Vincent Pallotti-hospitaal is waakeenheid- en hoësorg-pasiënte ook vir ’n “kort tydperk” verlede week na ander hospitale herlei, maar die hospitaal het teen Maandag teruggekeer na normaal.

“Hulle het nie pasiënte spesifiek weens Covid-19 herlei nie, maar ook mense met ander siektes. Die hospitaal het steeds omgesien na alle pasiënte wat opgedaag het.”

Volgens Croucamp word pasiënte se toestand en behoeftes in ag geneem indien hulle na ander hospitale herlei moet word, in samewerking met die dokters en mediese nooddienste.

“Dit is slegs ’n opsie as geen ander reëling getref kan word nie.”

Meer oor:  Mediclinic  |  Dr. Stefan Smuts  |  Wes-Kaap  |  Hospitale
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.