Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kaapstad identifiseer 6 Covid-19-brandpunte

Die Kaapse metro het ses koronavirus-brandpunte in die metro geïdentifiseer waar die Covid-19-pandemie soos ’n veldbrand deur woonbuurte versprei.

Die Wes-Kaap is tans Suid-Afrika se Covid-19-episentrum en teen Dinsdagaand het die bevestigde getalle in Suid-Afrika op 24 264 gestaan waarvan 15 829 (65,2%) in die Wes-Kaap was.

Zahid Badroodien, die metro se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, sê ’n aangepaste benadering word benodig wat die identifisering van verdere brandpunte sal insluit, asook van mense wat meer vatbaar is vir die virus.

Die brandpunt-gebiede is:

* Tygerberg (Bellville, Elsiesrivier, Goodwood);

* Khayelitsha;

* Dunoon in die westelike voorstede;

* Klipfontein (Delft, Delft-Suid, Gugulethu, Nyanga, Manenberg);

* Imizamo Yethu, Philippi in die suidelike voorstede; en

* Mfuleni in die oostelike dele.

kaapstad, begrafnis, koronavirus, Covid-19
'n Werker van 'n begrafnisondernemer in Kaapstad ontsmet toerusting tydens 'n begrafnis van 'n 51-jarige man wat weens die Covid-19-virussiekte dood is. Foto: Reuters

“Ons sal hierdie gebiede aktief monitor en ekstra personeellede ontplooi na die brandpunte waar mense saamdrom, soos by staanplekke vir openbare vervoer, supermarkte en klinieke, om sifting te doen vir Covid-19 en om kwesbare mense vir toetsing te verwys, maar ook om ons bewusmakingsprojekte voort te sit en klem te lê op die behoefte aan gesonde afstande.

Badroodien sê hoewel die gebiede geïdentifiseer is, kan dit verander en na ander woonbuurte uitbrei as daar nie by die inperkingsreëls gehou word nie.

Badroodien sê toetse vir mense met onderliggende siektes en diegene ouer as 55 sal nou geprioritiseer word omdat hulle moontlik komplikasies kan ontwikkel en gehospitaliseer sal moet word.

Hy sê statistieke van mense wat in hospitale opgeneem is en wat aan die virus dood is, dui daarop dat onderliggende toestande teenwoordig was.

“Om dié rede konsentreer ons op die kwesbare groepe.”

Hy sê opvoeding, bewusmaking en toepassing in die metro sal verhoog word en daar sal veral op die brandpunte gefokus word.

* Besoek die Wes-Kaapse regering se elektroniese kaart wat die jongste gevalle van die virus in die provinsie aandui.

Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid. Foto: Kaapstad-metro

Meer oor:  Koronavirus  |  Kaapstad  |  Brandpunte  |  Covid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.