Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kaapstad: Meer as 1 300 al in Sisonke-studie ingeënt

Net meer as 1 300 gesondheidswerkers en ondersteuningspersoneel van die Kaapstad-metro se gesondheidsdepartement was teen Dinsdagmiddag al teen Covid-19 ingeënt.

Dit kom neer op meer as 40% van dié werkers, sê dr. Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, in ’n verklaring.

“Die finale vrag entstowwe vir die Sinsonke-studie word vandeesweek verwag en dit sal die getal inentings verder versterk,” sê Badroodien.

“Ons is steeds op die plato van die tweede vlaag van infeksies en daar is tans geen aanduiding van ’n herlewing nie,” sê hy.

Maar op grond van die ervaring elders, sal Suid-Afrika waarskynlik nog vlae van infeksies beleef, lui die verklaring.

“Daar is tans meer as 1 000 aktiewe gevalle in die metropool. Dit is baie min vergeleke met die pieke van die eerste twee vlae, maar dit is ’n herinnering dat die virus steeds onder ons is,” sê Badroodien.

Die afgelope week het die metro se omgewingsgesondheidspraktisyns inspeksies by 528 persele gedoen. Hiervan het 491 aan gesondheidsregulasies voldoen.

Luidens die verklaring sien die praktisyns ’n hoë voldoeningskoers by skole, sentrums vir vroeë kinderontwikkeling en restaurante, maar by baie winkels is daar steeds kommer oor die handhawing van ’n veilige afstand en ontsmetting.

Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, (middel voor) by gesondheidswerkers en ondersteuningspersoneel. Foto: Verskaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.