Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kankerlyer van Upington in Indonesië sonder pille

’n Vrou van Upington wat aan kanker ly, word tans saam met haar kinders in Djakarta, Indonesië, in hul hotelkamer ingeperk nadat hulle nie ná ’n vakansie ’n vlug terug na Suid-Afrika kon kry nie en hul visums reeds verval het. 

Cecilia van Zyl en haar kinders, Jacques (26), Brendan (22) en Melicha (11), is van die talle mense oor die wêreld heen wat weens die korona-pandemie in die vreemde gestrand is.

Die Van Zyl-gesin
Die Van Zyl-gesin van Upington in Bali. Voor sit Jacques en van links is Brendan, Melicha en Cecilia. Foto: Verskaf

Wat sake verder kompliseer, is dat leukemie vroeër by haar gediagnoseer is en dat die stad volgens haar van die Covid-19-gevalle wemel.

Ná haar diagnose ontvang van Zyl, wie se man, Abé, in 2015 in ’n motorongeluk oorlede is, chemoterapie.

Van Zyl sê hul enigste hoop om die land te verlaat is gisteroggend aan flarde geruk toe die vlug na Suid-Afrika gekanselleer is omdat nie genoeg vliegkaartjies verkoop is nie.

Die Van Zyl-gesin het op 14 Maart vir ’n vakansie na Bali vertrek.

Toe die inperking afgekondig is, het hulle onmiddellik probeer om ’n vlug na Suid-Afrika te kry, maar al die vlugte was reeds vol bespreek.

Die gesin het vier dae gelede van Bali na Djakarta gereis om ’n vlug te haal na Suid-Afrika wat deur ’n Australiese burger gereël en toe gekanselleer is.

“Ons is ongelukkig, hartseer, moedeloos, uitgeput en eenvoudig gatvol. Ek kry chemoterapie en my medisyne is op. Ek moet by ’n hospitaal uitkom vir ’n voorskrif, maar as ek uitgaan, kan ek in hegtenis geneem word omdat ons visums verval het.”

Sy sê dit is ook finansieel uitmergelend omdat die kos verskriklik duur is.

“Ons oorleef 90% van die tyd op 2 Minute Noodles. Doodgewone uie kos R169/kg en vleis R220/kg. Die vakansie sou my aanvanklik sowat R80 000 gekos het, maar ons trek al by R200 000.

Melicha, ’n gr. 6-leerling aan die Laerskool Oranje-Noord, raak ook agter met haar skoolwerk, maar sy probeer met die hulp van onderwysers bybly.

Van Zyl sê hulle vestig nou hul hoop op ’n repatriasie-vlug wat deur die Suid-Afrikaanse regering gereël word.

Meer oor:  Upington  |  Indonesië  |  Gestrand  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.