Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kenners bly oor vlak 1, maar bekommerd oor Paasfees

Superverspreidingsgeleenthede sal altyd kommer wek, maar Suid-Afrikaners moet leer om gewoond te raak aan die “nuwe normaal”.

Dit was kenners se reaksie nadat pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand aangekondig het dat die land teen middernag na vlak een van die nasionale inperking beweeg.

Ramaphosa het aangekondig dat 100 mense nou ’n geleentheid binnemuurs en 250 mense ’n geleentheid in die buitelug mag bywoon.

Dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, sê hoewel dit kommer wek dat groot groepe mense weer bymekaar kan kom, “moet mense begin leer om die pandemie as ’n deel van die lewe te aanvaar”.

Sy het daarom die verslapping na vlak 1 verwelkom, veral vir die ekonomie.

“Mense moet leer. Ons gaan nie almal noodwendig nou al die inenting kry nie, maar ons gaan vir ’n baie lang tyd moet maskers dra, hande was en ’n veilige afstand hou.”

Paasnaweek bron van kommer

Sy waarsku egter dat Paasnaweek in April ’n groot bron van kommer is omdat dit die moontlikheid van superverspreidingsgeleenthede skep.

Prof. Francois Venter, ’n kenner van oordraagbare siektes verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), verwelkom die skuif na vlak 1.

“Mense moet egter nie nou alle veiligheidsmaatreëls laat vaar nie. My raad aan almal is om net die komende derde vlaag te oorleef en om so gou moontlik ingeënt te word.”

Derde vlaag in Junie?

Volgens Venter sal die derde vlaag waarskynlik in Junie kom.

Venter sê die aankondiging van grootmaat Covid-19-entstowwe wat binnekort in Suid-Afrika beskikbaar gaan wees, “was ’n aangename verrassing. Die hele land moet nou bankvas agter die entstofprogram staan en ons moet so gou moontlik soveel moontlik kwesbare mense inent.”

Sy enigste kommer is oor die toelating van meer mense by geleenthede.

Prof. Susan Goldstein, wat aan Wits se sentrum vir gesondheidsekonomie verbonde is, is ook bekommerd oor Paasfees.

“Ek dink dit was te vinnig om na vlak 1 te beweeg en net op maskers staat te maak by geleenthede waar baie mense byeenkom. Mense hou steeds nie ’n veilige afstand nie,” sê Goldstein.

Volgens haar sal dit wel ’n positiewe impak op die ekonomie hê.

“Die derde vlaag is onvermydelik, maar die entstof wat op pad is, maak ons positief.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.