Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
KI ingespan om 3de vlaag in Gauteng te voorspel
Prof. Bruce Mellado Foto: Argief

Die Gautengse regering sal vandeesweek sy model met kunsmatige intelligensie (KI) verfyn om die derde vlaag van Covid-19 te voorspel.

Prof. Bruce Mellado, fisikus verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand en lid van die provinsie se Covid-19-komitee, het Maandag aan Netwerk24 gesê die algoritme sal van KI gebruik maak, eerder as die klassieke wiskundige algoritmes wat deur wetenskaplikes gebruik word.

Hy verduidelik dat data, byvoorbeeld die getal sterftes, nuwe infeksies, hospitaliserings en brandpunte, by ’n algoritme ingevoeg word. Volgens hom het elke provinsie sy eie algoritme omdat faktore soos die getal mense, behuising, beweging en so meer verskil.

“Die algoritme gebruik dan die data uit die geskiedenis om ’n punt van ewewig te vorm waar die data stabiel is. Gauteng het nou dié punt bereik omdat al die data, oftewel indekse, soos ons dit noem, laag is,’ sê Mellado.

“Wanneer nuwe data ingevoer word en dit die ewewig versteur, weet ons iets is fout.”

Volgens hom moet alle indekse egter tot ’n mate versteur word voordat die gevaarligte begin flikker.

“Dit is dus nie net as byvoorbeeld die sterftes of die infeksies hoër raak nie, maar ’n kombinasie van al die indekse wat styg,” sê Mellado.

Hy voeg by dat superverspreidingsgeleenthede, soos wat in April tydens Paasfees verwag word, gewoonlik al die indekse laat opskiet en dat Paasfees hulle bekommerd maak.

Hy verduidelik verder dat die nuwe KI hulle kan help om selfs meer akkuraat te wees met die voorspelling omdat dit ook mense se mobiliteit in ag neem.

Wanneer die gevaarligte van die algoritmes begin flikker, begin Mellado en sy span om modelle te ontwikkel wat die impak van die derde vlaag en sy kruin sal bepaal. Die uitslae van die algoritmes en modelle word dan gebruik om voorstelle aan die provinsiale regering te maak. Dit help ook die provinsie se gesondheidsdienste om beter voor te berei.

Die KI-program word vandeesweek voltooi en sal volgende week in werking tree.

Meer oor:  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.