Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kiks-hospitaal maak gereed om te sluit

Pasiënte in die veldhospitaal in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) sal van Vrydag begin om oorgeplaas te word na die Brackengate- tydelike hospitaal.

Die “Hospitaal van Hoop” in die Kiks sal op 18 Augustus sy laaste pasiënt ontvang en teen middel September sluit.

Dr. Keith Cloete, hoof van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, het Donderdag die sluiting aan die hand van die provinsiale regering se kontrak met die Kiks, op ’n virtuele nuuskonferensie bevestig.

Cloete sê die tydelike hospitaal in Kaapstad se middestad het 1 502 mense opgeneem, waarvan 1 440 ontslaan en 82 dood is. Daar is nog net 57 mense oor.

“Voorbereidings word nou getref om die geriewe af te skaal.”

Die Brackengate-hospitaal in die noordelike voorstede het kapasiteit vir 330 beddens en het reeds 201 mense ontvang, waarvan 153 ontslaan en vier dood is.

Dié tydelike hospitaal vir intermediêre sorg het meer ruimte en sal vir die voorsienbare toekoms oop bly, sê Cloete.

Intussen het die Thusong-veldhospitaal in Khayelitsha ook vandeesweek gesluit nadat 241 pasiënte opgeneem en 194 ontslaan is.

Die Sonstraal-veldhospitaal in die Paarl het 63 beddens wat gereed is en die eerste pasiënte word Donderdag verwag.

Bykomende hospitaalbeddens is ook in Hermanus (32), Vredendal (20) en George (20) beskikbaar gestel.

Meer oor:  Kiks  |  Keith Cloete  |  Veldhospitaal  |  Covid-19  |  Coronavirus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.