Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kimberley se hospitale steier onder Covid-19

Te midde van ’n skerp toename in die voorkoms van Covid-19 in die Noord-Kaap, het die provinsie se departement van gesondheid mense gevra om versigtig te wees en te hou by die maatreëls om te keer dat hulle die virus kry.

Dié waarskuwing kom ook kort ná die dood van brig. Dick de Waal, Noord-Kaapse hoof van die eenheid van georganiseerde misdaad, Vrydag en dié van streeklanddros Roland Birch (51) op 20 April. Albei het Covid-19 gehad.

Angela Voulgarellis (42) van Kimberley wat Donderdag aan Covid-19 dood is. Foto: Verskaf

Angela Voulgarellis (42), verloofde van Jason Horseman, sanger van die Kimberleyse rock-groep Gage, is ook Donderdag aan Covid-19 dood.

Hy sê die dokters in Kimberley was so besig dat sy aanvanklik 12 ure moes wag om een te kon sien. Omdat die hospitale in Kimberley vol was, moes sy later oorgeplaas word na ’n hospitaal in Welkom.

Sy word ook oorleef deur hul agtjarige seun, Ethan.

Elmar Steyn, ’n aanklaer wat die siekte oorleef het, sê mense moet dié siekte nie ligtelik opneem nie.

Hy sê hulle moet hul hande gereeld onder lopende water was, maskers dra en sosiale afstande handhaaf.

“Ek was ’n week in die hospitaal, ’n tyd waarin ek baie siek was. Elke aand, wanneer die ligte afgesit is, het ek nie geweet wat die nag gaan inhou nie. Ek was geweldig angstig. ’n Mens voel magteloos en uitgelewer aan ’n siekte wat jy nie sien nie, maar voel.”

Sy keel, lyf en gewrigte het gepyn, die hoofpyne was erg en hy het na asem gesnak.

“Self nadat ek ontslaan is, was ek pap. Ek het ure en ure per dag geslaap omdat ek so afgemat was. Ek kon soggens selfs nie eens behoorlik sien nie, my oë was aangetas. “Mense moet met hul gedrag verseker dat hulle nie die virus kry nie.”

Lebogang Majaha, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van gesondheid, het Vrydag in ’n verklaring bevestig die provinsie beleef ’n oplewing van infeksies.

Ek was ’n week in die hospitaal, ’n tyd waarin ek baie siek was. Elke aand, wanneer die ligte afgesit is, het ek nie geweet wat die nag gaan inhou nie. Ek was geweldig angstig. ’n Mens voel magteloos en uitgelewer aan ’n siekte wat jy nie sien nie, maar voel.

“Op 9 Mei het ons 1 818 nuwe gevalle gehad teenoor 1 086 nuwe gevalle ’n week tevore op 2 Mei. Dit is 68% meer in ’n week. Ons is egter nie seker of dit nou al die derde vlaag van die pandemie in ons provinsie is nie.

“Die departement het wel meer toetse begin doen en mense begin naspeur wat in kontak was met mense wat positief vir Covid-19 getoets het. Teen 9 Mei het ons 6 986 toetse gedoen, vergeleke met 5 278 op 2 Mei, wat ’n toename van 32% is. Ons toets nou 567 mense per 100 000.

“Nadat ons die toename in gevalle in die Namakwa-distrik met streng beheermaatreëls in bedwang gebring het, lyk dit of die Frances Baard-distrik (onder meer Kimberley) die hoogste toename toon. Die John Taolo Gaetsewe-distrik toon ook ’n toename.

“Ons hoop die derde vlaag sal nie so erg wees soos die tweede een nie, hoewel die gevolge van die Suid-Afrikaanse variant nog onbekend is in ons provinsie. Ons vra inwoners om kalm te bly en streng beheermaatreëls toe te pas.”

Meer oor:  Lebogang Majaha  |  Kimberley  |  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.