Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kinders jonger as 2 moenie maskers dra – kenners
baba, skerms, koronavirus
Verpleegsters met maskers op hou twee pasgebore baba's vas wat gesigskerms op het by die Praram 9-hospitaal in Bangkok, Thailand. Foto: Reuters

Kinders onder die ouderdom van twee jaar moenie maskers dra nie, want dit kan hul asemhaling bemoeilik en die risiko van verstikking verhoog, het ’n mediese groep in Japan gesê. Hulle het ’n dringende beroep op ouers gedoen om die gebruik van maskers by hierdie jong kinders te stop.

Shinzo Abe, eerste minister, het Maandag die noodtoestand in Tokio en vier oorblywende gebiede opgehef nadat die getal koronavirus-infeksies in Japan gedaal het, maar het gewaarsku dat dit heringestel kan word as die virus weer opvlam.

Om te voorkom dat die virus versprei, raai gesondheidskundiges wêreldwyd mense aan om maskers te dra wanneer dit moeilik is om ’n gesonde afstand te hou.

Maar die Japannese Vereniging vir Pediaters het ouers gewaarsku dat maskers te gevaarlik is vir babas.

“Maskers kan hul asemhaling bemoeilik omdat babas nou lugweë het”, wat die las op hul harte verhoog, sê die vereniging.

Maskers verhoog ook die risiko vir hitte-uitputting.

Daar word gesê dat daar tot dusver baie min ernstige gevalle van Covid-19 onder kinders was, en dat die meeste kinders by familielede aangesteek het, met baie min wat dit by skole of dagsorggeriewe gekry het.

Die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer (CDC) en die Amerikaanse Akademie vir Pediatrie sê ook kinders onder die ouderdom van twee moenie gesigbedekkings van lap dra nie. Reuters

Meer oor:  Tokio  |  Covid-19  |  Coronavirus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.