Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kinders jonger as 6 hoef steeds nie maskers te dra

Kinders jonger as ses jaar oud hoef steeds nie maskers te dra nie en sal nie deur wetgewing gedwing word om dit te doen nie.

Lungi Mtshali, woordvoerder van Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Donderdagoggend aan Netwerk24 bevestig dat die aangepaste vlak 3-regulasies, wat Dinsdagaand in die Staatskoerant gepubliseer is, reggestel sal word.

Die bewoording lui dat alle Suid-Afrikaners verplig word om maskers te dra. Die nodige uitsluiting van kinders onder ses, soos in vorige regulasies, ontbreek.

“Kinders jonger as ses sal nie gedwing word om maskers te dra nie. Die wetgewing is nie op hulle van toepassing nie. Ons het bloot ’n fout gemaak in die jongste uitgawe van die Staatskoerant deur dit weg te laat,” sê Mtshali.

“Die regulasies oor kinders en maskers het beslis nie verander nie.”

Hy sê die departement sal die inligting in die Staatskoerant so spoedig moontlik aanpas om die misverstand uit die weg te ruim.

Volgens Mtshali is die dra van maskers en kinders eintlik ’n grys area.

Hy sê die sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) het gesê kinders jonger as ses hoef nie maskers te dra nie, en hul departement se regulasie daaroor voldoen aan die CDC se vereistes.

“Ons het sedert verlede jaar gesê kinders jonger as ses hoef nie maskers te dra nie, maar dit bly die ouers se keuse of hulle wel hul kind ’n masker wil laat dra of nie.”

Die Staatskoerant se inligting is aangepas nadat pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagaand aangekondig het dat Suid-Afrika na ’n strenger aangepaste vlak 3 van die nasionale inperking weens die Covid-19-pandemie skuif.

Meer oor:  Kinders  |  Maskers  |  Staatskoerant  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.