Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Kinders met FAS kos staat miljoene’
Albert Fritz, Wes-Kaapse minister van maatskaplike dienste. Foto: Verskaf

Kaapstad. – Alkoholmisbruik en onveilige seks onder jong meisies vererger die kanse dat babas aan fetale alkoholsindroom (FAS) ly.

Daarbenewens waarsku kenners dat die siekte eersdaags in ’n humanitêre krisis kan ontaard.

Die Wes-Kaapse departement van maatskaplike dienste het gister die uitslae bekend gestel van ’n drie jaar lange studie oor fetale alkoholsindroom (FAS) aan die Weskus.

“Dit is ’n baie ernstige probleem. Die kern van die probleem is die kultuur van mense wat roekeloos alkohol drink,” het Albert Fritz, Wes-Kaapse minister van maatskaplike dienste, gesê.

Die studie is gedoen deur die Foundation for Alcohol Related Research (FARR), ’n plaaslike organisasie sonder winsbejag wat FAS navors.

Sowat 6,4% van die bevolking aan die Weskus het FAS.

Leana Olivier, hoofbestuurder van FARR, het gesê jong meisies wat nie bewus is dat hulle swanger is nie, vererger die probleem. “Die ontwikkeling van die fetus is in die begin van ’n swangerskap baie belangrik. Daar is baie gevalle waar meisies al drie maande swanger is sonder dat hulle dit weet. In dié tyd drink hulle steeds alkoholen beskadig onwetend die baba se lewe.”

Die FARR skat minstens drie miljoen Suid-Afrikaners het dié sindroom. Hulle raam dat tot nege miljoen Suid-Afrikaners fetale alkoholspektrum-afwykings mag hê.

“Die moontlike skade wat alkohol aan ’n ongebore baba se brein en intellektuele vermoë kan aanrig, is permanent en kan nooit genees word nie,” het sy benadruk.

Robert McDonald, departementshoof van maatskaplike dienste, het gesê kinders met FAS kos die staat miljoene rande. “Daardie kind moet spesiale aandag by die skool kry. Hy of sy moet duur mediese sorg kry. In Suid-Afrika is van dié dienste gratis, maar dit kos die staat miljoene rande. Dit kan egter maklik voorkom word.”– Jason Felix

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.