Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Klerksdorp se burgemeester sterf aan Covid

Maetu Kgaile, uitvoerende burgemeester van die Matlosana-munisipaliteit, wat onder meer Klerksdorp bedien, is Vrydag aan Covid-19 dood.

Haar woordvoerder, Nick Mapheelle, sê in ’n mediaverklaring sy is Sondag in the Tshepong-hospitaal in Klerksdorp opgeneem. “Ons betreur haar ontydige heengaan.”

Klerksdorp, Hartbeesfontein, Orkney, Stilfontein en die omliggende townships word deur die Matlosana-munisipaliteit bedien.

Maetu Kgaile, die eerste vrou wat as burgemeester van die Matlosana-munisipaliteit gedien het, is aan Covid-19 dood. Foto: Verskaf
Maetu Kgaile is Vrydag aan Covid-19 dood. Foto: Verskaf

Kgaile is in Augustus 2016 as burgemeester van Matlosana aangestel en was die eerste vrou wat dié posisie beklee het. Voordat sy tot uitvoerende burgemeester verkies is, was sy die burgemeesterskomiteelid vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling in die munisipaliteit.

Farouk Tagaree, waarnemende uitvoerende burgemeester, Washington Ntozini, die speaker, en ander senior bestuurslede van die munisipaliteit sal Kgaile se familie die naweek besoek, het Mapheelle gesê. Nadere besonderhede oor ’n gedenkdiens en begrafnis sal later bekend gemaak word.

Meer oor:  Klerksdorp  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Covid-19  |  Covid Sterfte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.