Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kleuter kritiek, pa vermoed mishandeling

’n Kleuter veg om haar lewe in die Mediclinic Bloemfontein al het haar pa maatskaplike dienste glo twee maande gelede al gevra om ondersoek in te stel omdat hy vermoed sy word mishandel.

Die pa, wie se naam weerhou word om die kind se identiteit te beskerm, sê sy dogter van twee jaar en vyf maande oud moes Dinsdag vier eenhede bloed en ’n breinoperasie kry. Haar toestand is kritiek.

“Haar koppie is tydens die operasie van oor tot oor oopgemaak, so baie bloeding was daar,” sê hy.

Sy moes bloedoortappings weens haar kopbeserings kry.

Volgens haar ma het sy ’n epileptiese toeval gekry en van ’n sitkamerbank afgeval en is toe beseer.

“Sy het ook haar arm gebreek, so ek glo dit nie,” sê die pa wie se stem by tye weggeraak het toe hy met Netwerk24 gepraat het.

Hy sê hy en die kind se ma is geskei en sy is weer getroud. Dié huwelik is intussen beëindig en die ma het glo ’n nuwe vriend saam met wie sy in Odendaalsrus bly.

Dit is hier waar die kind seergekry het en Dinsdag na die Mediclinic Welkom gebring is.

Marissa Pawson, hospitaalwoordvoerder, het bevestig dat die kind opgeneem is, maar weens die ernstige aard van haar beserings na die Mediclinic Bloemfontein oorgeplaas is.

Die pa sê hy is verbitterd, want hy het twee maande gelede ’n maatskaplike werker gevra om ondersoek in te stel omdat hy vermoed het sy kind is nie veilig nie.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê nog geen saak is aanhangig gemaak nie.

Haar koppie is tydens die operasie van oor tot oor oopgemaak, so baie bloeding was daar.

Meer oor:  Mishandel  |  Kleuter  |  Mediclinic Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.