Kliniese toetse van Moderna se aangepaste Covid-19-entstof – gemik op die Suid-Afrikaanse mutasie 501Y.V2 – sal binnekort kan begin.
Die farmaseutiese reus het Maandag in ’n verklaring gesê sy goedgekeurde entstof kan moontlik ’n verminderde teenligaamrespons teenoor 501Y.V2 toon, derhalwe wil hy sy aangepaste entstof aan kliniese toetse onderwerp.
Moderna sê hy verwag steeds dat die toediening van twee dosisse van die entstof, wat vier weke uitmekaar gegee word, mense teen 501Y.V2 en ander variante sal beskerm wat tot dusver kop uitgesteek het.
Volgens die maatskappy het die entstof geen impak op die Britse variant, wat hoogs aansteeklik is, in toetse gesien nie.
Moderna sal die data van sy toetse op die Suid-Afrikaanse en Britse variante op die webwerf bioRxiv publiseer. – Reuters