Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Klub in Claremont: Nog net 7 nie gesond

106 van die mense wat die koronavirus ná ’n kuiery by ’n bekende nagklub in Claremont opgedoen het, het reeds van die virus herstel.

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement sê 113 infeksies word regstreeks met die kroeg-en-klubuitbreking in Tin Roof verbind.

VX
Tin Roof in Claremont, Kaapstad. Foto: Gallo Images

Dr. Keith Cloete, provinsiale gesondheidshoof, het Donderdag op ’n aanlyn nuuskonferensie gesê nog net sewe mense word behandel.

Volgens Cloete was meer as die helfte van die gevalle leerlinge of mense wat met skole in die suidelike voorstede verbind word.

Cloete sê die uitbreking was hoofsaaklik in Rondebosch, Claremont en in van die aangrensende woonbuurte van Nuweland en Kenilworth.

Hy het beklemtoon die toename in infeksies is hoofsaaklik onder mense tussen 15 en 25 jaar oud.

Soos vroeër berig is, betwyfel James Truter, eienaar van Tin Roof, of die virus wel daar versprei het. Hy meen die besoekers wat daar aangesteek het, het in dié tyd ook private partytjies bygewoon.

Truter het gesê hulle volg koronavirusmaatreëls streng na.

Dr. Keith Cloete, Wes-Kaapse hoof van gesondheid. Foto: Jaco Marais

Cloete hou vol die departement doen noukeurige opsporingswerk as daar uitbrekings is. "Dit is noodsaaklik dat daar in die volgende 18 tot 24 maande gefokus word op opsporing, monitering en inperking. Die fokus moet op gedragsverandering wees om hierdie soort verspreidings van die virus te probeer vermy.”

Die departement het ’n beroep op mense gedoen om beknopte ruimtes te vermy en noue kontak te vermy in plekke waar daar nie genoeg ventilasie is nie.

Meer oor:  Claremont  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.