Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kommer oor baie oortollige sterftes in Oos-Kaap

Die meer as 10 000 oortollige sterftes wat volgens die Suid-Afrikaanse Raad vir Mediese Navorsing in die Oos-Kaap aangemeld is, kan moontlik toegeskryf word aan Covid-19.

Volgens dié raad se jongste syfers is daar 10 489 oortollige sterftes in dié provinsie aangemeld.

Die raad bepaal die oortollige sterftesyfers deur die werklike getal sterftes te vergelyk met die verwagte getal sterftes, gegrond op historiese data van 2018 en 2019.

Jane Cowley, die DA se woordvoerder oor gesondheid in die provinsie, sê die meeste oortollige sterftes kom voor in die landelike dele van die Oos-Kaap.

Volgens Cowley is dit net in Gauteng waar die syfers hoër is op 11 909.

Jane Cowley. Foto: Argief

“My grootste vrees is dat die statistieke daarop dui dat die pandemie meer algemeen in ons provinsie is as wat die statistieke aandui.

“Bykomende data staaf die siening dat ’n groot deel van die oortollige sterftes toegeskryf kan word aan Covid-19.”

Cowley beweer die DA het vertroulik verneem baie mense wat dood is, is nie getoets vir Covid-19 nie.

Sy het gevra waarom toetse nie gedoen is nie, en wou weet hoe die opsporing van mense met wie die oorledenes in kontak was, gedoen kan word as dit nie bekend is dat die persoon Covid-19 gehad het nie.

Cowley wil aan Sindiswa Gomba, LUR van gesondheid in die provinsie, skryf en vra dat inligting oor die virus en waar dit besig is om te versprei, daagliks bekend gemaak word.

Die Nelson Mandelabaai-metro het Donderdag aangekondig die metropolisie gaan nou met die polisie saamwerk om mense vas te vat wat nie hou by die reëls en regulasies by sosiale byeenkomste nie.

Die inligting kom terwyl daar byna daagliks al hoe meer gevalle aangemeld word van mense wat positief getoets is vir Covid-19.

Volgens die jongste syfers van 20 Oktober, is daar 396 positiewe aktiewe gevalle in die metrogebied.

Shane Brown, hoof van die metro se afdeling vir rampbestuur, sê die polisie gaan fokus op plekke waar daar baie mense byeen is – veral oor naweke.

Meer oor:  Da  |  Oos-Kaap  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.