Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Kommer oor Covid-19-verspreiding soos verkeer toeneem
Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse LUR van vervoer (regs), saam met ’n verkeersbeampte by ’n padblokkade.Foto: Verskaf

Met Covid-19-infeksies wat steeds oor die hele land styg, heers groot kommer dat motoriste wat tussen provinsies reis die virus verder mag versprei.

Verkeer op Wes-Kaapse paaie het die naweek drasties toegeneem namate vakansiegangers huiswaarts keer ná die Desembervakansie.

Mark van der Heever, Wes-Kaapse gesondheidswoordvoerder, het gesê dat dit amper onmoontlik is om vakansiegangers wat van een provinsie na ’n ander reis te keur vir Covid-infeksies.

“Ons kan slegs opvolg met mense wat aan die virus blootgestel is, deur ons noukeurige kontakopsporing. As iemand in ’n bus, taxi of saam met ander mense in ’n motor reis, siek is en met Covid-19 besmet is, sal ons kontakopsporingspanne die name en kontakbesonderhede van diegene wat in noue kontak met die persoon was, opvolg en opspoor,’ het Van der Heever gesê.

Verkeersbeamptes gaan die besonderhede van motoriste na in ’n padblokkade. Foto: Verskaf

Die Wes-Kaapse LUR van vervoer, Bonginkosi Madikizela, het intussen vakansiegangers versoek om versigtig te bestuur.

“Ons toets nie passasiers vir Covid-19 nie maar ons maak wel seker dat mense in openbare vervoer hul maskers dra en ontsmet. Ons hou ook dop of voertuie oorlaai is en ons monitor die beweging van voertuie deur middel van ons kameras.”

Volgens die LUR is daar steeds ’n aansienlike toename in Covid-infeksies, wat verdere kommer veroorsaak.

“Ek doen ’n beroep op alle bestuurders en passasiers om ten alle tye die goue reëls van handhigiëne toe te pas en

groot saamtrekke, beperkte ruimtes en noue kontak te vermy. Almal wat openbare vervoer gebruik, moet asseblief hul gesigsmaskers dra en te alle tye sorg vir goeie ventilasie.”

Madikizela sê almal moet die reëls van die pad nakom sodat almal veilig na hul huise kan terugkeer.

Meer oor:  Vakansieverkeer  |  Covid -19  |  Lur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.